1887

n Koers : Bulletin for Christian Scholarship = Koers : Bulletin vir Christelike Wetenskap - Should humans interfere in the lives of elephants? : biodiversity

USD

 

Abstract


Die uitdunning van olifante lyk na 'n wrede manier waarop die mens inmeng in die lewens van olifante. Die metode vanuitdunning word gebruik om die bevolkingsgetalle van hoogs ontwikkelde soogdiere te beheer om sodoende die plantegroei en habitat vir ander spesies te bewaar. Baie mense is daarteen gekant dat die mens inmeng in olifante se lewens. Aspekte van hierdie hoogs omstrede kwessie word in hierdie artikel ondersoek. Drie fassinerende kenmerke van hierdie etiese dilemma word bespreek en daarna word die belangrikste argumente teen menslike inmenging in die bestaan van olifante geëvalueer. Hierdie drie argumente is die volgende: Eerstens, dat die natuur sy eie gang moet gaan om daardeur self 'n balans te bewerkstellig; die natuur sal dus self die oorbevolking van olifante regstel. Die tweede argument wat deur diereregte- en dierewelsynsgroepe aangevoer word, eis óf dat diere regte het wat te alle tye deur mense gerespekteer moet word, óf dat diere met waarnemingsvermoë belange het wat mense moet respekteer, omdat hierdie lewende wesens genot en pyn kan ervaar. Die derde argument assosieer die uitdunning van olifantgetalle as 'n metode van getallebeheer met die kommersiële benutting en uitbuiting van wildernisgebiede. Baie mense is oortuig dit is oneties om wilde diere as volhoubare bron te benut om armoede mee te beveg. Die slotsom waartoe gekom word is dat ten spyte van hierdie argumente menslike inmenging in die lewens van olifante tog eties geregverdig is.

Culling seems to be a cruel method of human interference in the lives of elephants. Culling is generally used to control population numbers of highly developed mammals to protect vegetation and habitat for other species. Many people are against human interference in the lives of elephants. In this article aspects of this highly controversial issue are explored. Three fascinating characteristics of this ethical dilemma are discussed in the introductory part, and then the major arguments raised against human interference in the lives of elephants are evaluated. These arguments are the following: First, that nature should be allowed to run its course and establish its own balance; nature will thus solve the problem of elephant over-population. The second argument raised by animal-rights activists as well as by animal-welfare groups either claim that animals have rights that humans must respect at all times, or that all sentient beings have interests that humans ought to respect, as those beings can experience pleasure or pain. The third argument often associates culling elephants as method for population control with the commercial use and exploitation of wilderness areas. Many people argue that it is unethical to use wildlife as a sustainable resource for fighting poverty. In conclusion it is stated that despite these arguments human intervention in the lives of elephants is ethically justified.

Loading

Article metrics loading...

/content/koers/70/4/EJC59222
2005-01-01
2016-12-06
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error