1887

n Koers : Bulletin for Christian Scholarship = Koers : Bulletin vir Christelike Wetenskap - Multidimensionaliteit en die multikulturele situasie : research article

USD

 

Abstract


Most societies and social institutions are currently characterised by the presence of a multitude of cultures which is an indication of a multicultural situation. Two opposite reductionist proposals for dealing with this situation are those of homogenisers / universalists and fragmentists / particularists. There is also a dualistic in-between group. The question of this article has two sides: diagnostically it asks about the nature of the reductionism of the three groups. Therapeutically the question is about the conditions for overcoming this reductionism. Diagnostically it is argued that the reductionists deal in a one-sided way with two sets of abstractions of the multicultural situation. More precisely: they do not succeed in holding simultaneously onto important dimensions like coherence and diversity, as well as universality and particularity. Therapeutically it is argued that the latter dimensions of the multicultural situation must be mutually engaged in order for them to empower one another. It is proposed that this can be accomplished by a clear distinction between universal types like culture, justice, morality and so on, and also between these types and their particular manifestations. Furthermore, reductionisms as well as the disengagements of dualism can be avoided if the relation-principles of parataxis, complementarity and acculturation are adhered to.

Die meeste samelewings en sosiale instellings word tans gekenmerk deur die teenwoordigheid van 'n verskeidenheid kulture wat dui op 'n multikulturele situasie. Twee teenoor-gestelde reduksionistiese voorstelle vir die hantering van hierdie situasie is dié van homogeniseerders / universaliste en fragmentiste / partikulariste. Daar is ook nog 'n dualistiese tussen-in groepering. Die vraag van hierdie artikel het twee kante: diagnosties word gevra na die aard van die reduksionisme van die drie groepe. Terapeuties word gevra na die voorwaardes om hierdie reduksionisme te oorkom. Diagnosties word geargumenteer dat die reduseerders geneig is om eensydig te werk te gaan ten opsigte van twee stelle kante of abstraheringe van die multikulturele situasie. Meer presies: hulle slaag nie daarin om gelyktydig vas te hou aan belangrike dimensies soos samehang en verskeidenheid, asook universaliteit en partikulariteit van hierdie situasie nie. Terapeuties word geargumenteer dat laasgenoemde dimensies van die multikulturele situasie bymekaar ingeskakel moet word sodat hulle mekaar wedersyds kan bemagtig. Daar word voorgestel dat dit bereik kan word deur 'n duidelike onderskeid te maak tussen universele soortlikhede soos kultuur, geregtigheid, moraliteit, ensovoorts, en tussen hierdie soortlikhede en die partikuliere manifesterings daarvan. Daarby sal reduksionisme asook die ontkoppeling van dualisme ontkom kan word indien voldoen word aan die relasiebeginsels van neweskikking, komplementariteit en akkulturasie.

Loading

Article metrics loading...

/content/koers/71/Issue-2-3-4/EJC59284
2006-01-01
2016-12-06
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error