- Home
- A-Z Publications
- Koers : Bulletin for Christian Scholarship = Koers : Bulletin vir Christelike Wetenskap
- Previous Issues
- Volume 72, Issue 1, 2007
Koers : Bulletin for Christian Scholarship = Koers : Bulletin vir Christelike Wetenskap - Volume 72, Issue 1, January 2007
Volumes & issues
Volume 72, Issue 1, January 2007
-
Law and individuality : research article
Author D.F.M. StraussSource: Koers : Bulletin for Christian Scholarship = Koers : Bulletin vir Christelike Wetenskap 72, pp 1 –25 (2007)More LessWet en individualiteit
Hierdie artikel lê die hoofkontoere uit die geskiedenis van die besinning oor die aard van wet en individualiteit bloot. Dit omspan perspektiewe en sienings uit antieke Griekeland, die Grieks-Romeinse wêreld, die midddeleeuse spekulasie en die Renaissance. Vroeg-moderne ontwikkelinge word opgevolg tot by die Verligting, die Romantiek, die historisme en die uiteindelike wending na die taal. Van besondere betekenis vir die verstaan van moderne opvattings oor die aard van 'n wet is die alles-deurdringende invloed van die moderne nominalisme - 'n oriëntering wat deur twee parallellopende onderskeidings gedefinieer is, naamlik die onderskeiding tussen begripskennis en begripstransderende kennis en dié tussen rasionalisme en irrasionalisme. Vanuit 'n sistematiese perspektief is verskillende modale terme gebruik om rekenskap te gee van die idee van 'n wet as 'n saamgestelde grondbegrip van 'n wetenskaplike dissipline - met besondere verwysing na fisiese wette. In die laaste afdeling van die artikel word 'n samevattende beoordeling van verskille en ooreenkomste in die denke van Dooyeweerd en Vollenhoven gegee.The main contours of the history of philosophical and scientific conceptions of law and individuality are portrayed. This includes an account of perspectives and views found in ancient Greece, the Graeco-Roman world, the medieval speculation and, via the Renaissance, in early modern developments that were continued in the Enlightenment era, in Romanticism and historicism, and were eventually manifested in the linguistic turn. What is important for a proper understanding of modern law conceptions is an acknowledgement of the all-pervading influence of modern nominalism. This orientation was characterised by employing two related distinctions, namely the distinction between conceptual knowledge and concept-transcending knowledge, and that between rationalism and irrationalism. From a systematic point of view, various aspectual terms provide a frame of reference for the idea of a law of nature as a compound basic concept of science. Special attention is given to the nature of normative principles and physical laws. In the last part of the article, these perspectives are applied to a brief assessment of differences and similarities in the thought of Dooyeweerd and Vollenhoven.
-
Die afdanking van Jacob Zuma : 'n politikologiese ontleding : research article
Author Albert VenterSource: Koers : Bulletin for Christian Scholarship = Koers : Bulletin vir Christelike Wetenskap 72, pp 27 –47 (2007)More LessThe release of Jacob Zuma : a politicological analysis
In this article it is argued that the dismissal of Deputy President Jacob Zuma on 14 June 2005 must be understood in the context of the tradition of cabinet responsibility to parliament. It shows how the English tradition of ministerial responsibility is also followed in South Africa. It is argued that President Mbeki affirmed the critical morality of the Constitution that a member of cabinet must sacrifice his / her office when serious charges are brought against such a cabinet member, even if the cabinet member has not had the chance to "have their day" in a court of law. The article argues furthermore that the founding values of the Constitution have not been respected by either Zuma or the National Executive Committee of the ANC by not insisting that Zuma also resigns as Deputy President of the ANC. Public accountability cannot only be required by the Constitution, but must also be respected by institutions of civil society. Mbeki made a strong and visionary decision to dismiss Zuma in June 2005, but the ANC as institution has failed the nation by declining to dismiss Zuma as Deputy President of the ANC - especially after Zuma's evidence in his trial for alleged rape.In hierdie artikel word aangevoer dat die afdanking van adjunk-president Jacob Zuma op 14 Junie 2005 verstaan moet word binne die konteks en tradisie van kabinets-verantwoordbaarheid aan die parlement. Daar word gewys op die Engelse politieke tradisie wat in Suid-Afrika gevolg is voor en na die oorgang van 1994. Die artikel bevind dat president Mbeki die kritiese moraliteit van die Grondwet bevestig het dat 'n lid van die kabinet sy amp moet neerlê wanneer daar ernstige aanklagte teen hom / haar gemaak word, selfs voordat so 'n persoon sy moontlike onskuld in 'n geregshof kan verdedig. Voorts bevind die ondersoek dat die grondliggende bepalings van die Grondwet met betrekking tot verantwoordingspligtige regering deur sowel Zuma as die Nasionale Algemene Raad van die ANC ondermyn is deurdat Zuma nie ook van sy amp as adjunkpresident van die ANC onthef is nie. Openbare verantwoordingspligtigheid kan nie alleen deur die Grondwet in die streng formele sin bepaal word nie. Mbeki het 'n baie ferm politieke koersaanduidende besluit geneem deur Zuma as adjunkpresident van Suid-Afrika af te dank. Mbeki se handeling op 14 Junie 2005 kan in die politieke geskiedenis van Suid-Afrika as 'n seminale en koersaanduidende gebeurtenis opgeteken word. Die ANC as instelling het egter Suid-Afrikaners in die steek gelaat deur nie vir Zuma as adjunkpresident van die Party af te dank nie - veral nie na sy getuienis in die verkragtingsverhoor nie.
-
Dissecting modernist religion in Gottfried Keller's Das verlorene Lachen : research article
Author Frederick HaleSource: Koers : Bulletin for Christian Scholarship = Koers : Bulletin vir Christelike Wetenskap 72, pp 49 –64 (2007)More LessDie ontleding van die modernistiese geloof in Gottfried Keller se Das verlorene Lachen
In die voetspore van die Verligting, en sterk onder die invloed van ernstige opposisie in die vorm van opponerende standpunte wat konvensionele Bybelse leerstellinge uitgedaag het, het verskeie liberale teologieë in sowel die Lutherse en gereformeerde tradisies na vore gekom. In die Calvinisties-Zwingliaanse kerke van Switserland het dit onder andere tot uiting gekom in progressiewe godsdiens wat in skrille kontras teenoor die ortodokse belydenis gestaan het. Die skrywer Gottfried Keller is rondom 1840 beïnvloed deur die Duitse ateïstiese filosoof Ludwig Feuerbach, en het kort daarna beroemd geword as een van die mees gevierde Switserse skrywers van sy tyd. In sy novelle "Das verlorene Lachen" het hy die ortodokse reformistiese belydenis, liberale strominge in die gereformeerde kerke, die Rooms-Katolieke godsdiens en Protestantse nonkonformisme sistematies verwerp as intellektueel argaïes en uit pas met die demokratiese en egalitêre gees van die tyd, produkte van die ondersteuners van 'n gestratifiseerde sosiale sisteem wat hy as onaanvaarbaar beskou het.In the wake of the Enlightenment and heavily influenced by serious challenges in Biblical scholarship to conventional doctrines, various kinds of liberal theology emerged in European Protestantism of both the Reformed and Lutheran traditions. Within the Calvinist-Zwinglian churches of Switzerland, this came to expression in, inter alia, progressive religion which stood in marked contrast to confessional orthodoxy. The novelist Gottfried Keller had been influenced by the German atheistic philosopher Ludwig Feuerbach in the 1840s and shortly thereafter gained prominence as one of the most gifted Swiss writers of his era. In his novella "Das verlorene Lachen", Keller systematically rejected confessional Reformed orthodoxy, liberal currents in the Reformed churches, Roman Catholicism and Protestant nonconformity as intellectually archaic and out of harmony with the democratic and egalitarian spirit of the times, either products of supporters or a stratified social system which he found unacceptable.
-
Religion, literature and identity in South Africa : the case of Alan Paton : research article
Author David LeveySource: Koers : Bulletin for Christian Scholarship = Koers : Bulletin vir Christelike Wetenskap 72, pp 65 –84 (2007)More LessGodsdiens, letterkunde en identiteit in Suid-Afrika : die geval van Alan Paton
Die artikel gebruik onlangse navorsing met betrekking tot die vroeë ongepubliseerde werk van Alan Paton en stel dat baie min navorsing oor die verhouding tussen (Engelstalige) letterkunde en godsdiens in Suid-Afrika verskyn het, al bestaan daar talle voorbeelde van sulke navorsing elders. Een kort gevallestudie van Paton se lesing "God in modern thought" (1934) word aangebied. Die waarde van 'n hermeneutiese benadering tot die letterkunde wat oor menslike identiteit handel in terme van byvoorbeeld inkarnasie word kortliks bespreek en ander moontlikhede word voorgestel.This article draws on recent research into the early unpublished work of Alan Paton to suggest that the interrelationship of (English-language) literature and religion in South Africa is a much under-researched field despite numerous examples of such research elsewhere. One short case study based on Paton's lecture on "God in modern thought" (1934) is offered. The value of a hermeneutic approach to literature that considers human identity in terms of incarnation, for example, is briefly argued and other possibilities suggested.
-
Christian music in contemporary Africa : a re-examination of its essentials : research article
Author 'Femi AdedejiSource: Koers : Bulletin for Christian Scholarship = Koers : Bulletin vir Christelike Wetenskap 72, pp 85 –100 (2007)More LessChristelike musiek in kontemporêre Afrika : 'n herevaluering van sy kern
Christelike musiek regoor Afrika (dus liturgiese kerkmusiek én gospel), het tans uiters gewild geraak ten spyte van die uiteenlopendheid van die dissiplines. As gevolg hiervan het daar vele vrae, debatte en onsekerhede ontstaan by sowel Christene as nie-Christene oor wat nou eintlik as Christelike musiek beskou kan word. Hieruit het die noodsaaklikheid ontstaan om die ware kern van Christelike musiek te teoretiseer, en om die Bybelse, musikale en sosio-kulturele fondament van die hedendaagse beoefening daarvan te ondersoek. Hierdie artikel ondersoek verskeie beginsels, veral Skriftuurlik, wat as riglyne kan dien in die beoordeling van kontemporêre Christelike musiek. Hierdie beginsels stel dat daar 'n direkte verband is tussen Christelike musiek en die Bybel, ten spyte daarvan dat die beginsels van hedendaagse musiek en die sosio-kulturele behoefte van die gemeenskap ook in ag geneem moet word. Die spanning wat ontstaan deur die eise van bogenoemde drie agente, word ook opgelos. Die artikel is daarom teoreties en voorskriftelik in fokus en diepte deur die voorsiening van 'n paradigma aan die Afrika-gehoor waardeur hulle kuns kan verstaan, deur leiding aan uitvoerders en musikante te gee en deur wetenskaplike inligting aan navorsers en studente van Christelike studie te verskaf. Die artikel sluit af deur die aanbeveling dat Bybelse standaarde sowel as oorspronklikheid en kunssinnigheid onontbeerlik is in kontemporêre Christelike musiek.Christian music all over Africa (be it liturgical church music or gospel), in contemporary times has become so popular and well grown howbeit in divergent dimensions. As a result, there have been questions, debates and confusions both by insiders and outsiders of the Christian faith on what exactly constitutes Christian music. There then arises the need to theorise the fundamentals of Christian music, exhuming the Biblical, musical and socio-cultural basis for its performance practices. This article examines various principles that should guide contemporary Christian musicianship, especially as contained in the Scriptures; arguing that the practice of Christian music cannot be divorced from Bible even when the principles of musical sound organisation and the socio-cultural needs of the society have to be observed. The tension created by the superim-position of the three is also resolved. This article is therefore theoretical and prescriptive in focus and depth as it offers to the African audience the paradigms for understanding the art, gives guidance to the practitioners, and supplies scholarly information to the scholars and observers of Christian studies in general. The article concludes by recommending the indispensability of Biblical standards and skilful originality / artistry in contemporary Christian musicianship.
-
Secularisation from kenosis : research article
Author David T. WilliamsSource: Koers : Bulletin for Christian Scholarship = Koers : Bulletin vir Christelike Wetenskap 72, pp 101 –118 (2007)More LessSekularisasie van kenosis
Die afgelope dekades word gekenmerk deur 'n groeiende bewuswording van 'n sekulariseringsproses met opmerklike uitwerkinge in die gemeenskap. Die verandering en selfs agteruitgang van morele waardesisteme is hiervan 'n voorbeeld. Vir Christene roep dit die die vraag op: "Waarom laat God dit toe?". Die voorstel in hierdie artikel is dat dit die resultaat is van God se self-beperking, kenosis. God laat 'n proses toe wat nie sy goedkeuring wegdra nie, maar ter wille van die vrye menslike wil laat Hy dit toe. Kenosis hou verband met die moontlike resultaat van 'n onderskeid tussen die goddelike en die geskape werklikheid. Hierdeur word sekularisasie moontlik gemaak. In die algemeen word dit gesien as die gevolg van die Renaissance, Reformasie en Verligting, soos dit tot uitdrukking kom in industrialisasie en verstedeliking. Al hierdie prosesse kan in verband gebring word met die goddelike kenosis. Tog, sekularisasie moet nie gesien word as 'n noodwendigheid nie, maar hou verband met die verandering en agteruitgang in die stand van die kerk. As die gevolg 'n herwaardering van die essensie van kerkwees is, sou dit eventueel kon lei tot die hersakralisering van die samelewing.Recent decades have witnessed the acceleration of the process of secularisation, along with related effects in society such as a decline in morals. Christians must wonder why God allows this to happen. The suggestion is that this is a result of God's self-limitation, kenosis, allowing a process of which He does not approve for the sake of human free will. Kenosis follows as a possible result of a distinction between the divine and the created world, which permits secularisation. This is generally seen as a result of the Renaissance, Reformation and Enlighten-ment, with effects in industrialisation and urbanisation; all of these can be linked with God's kenosis. However, secularisation must not be seen as inevitable, but as having been ex-acerbated by the state of the church. If the result is a refining of the church, it could eventually lead to a resacralising of society.
-
Is daar 'n "nuwe Afrikaner" vir die "nuwe Suid-Afrika"? : geleentheidsrede
Author Theuns EloffSource: Koers : Bulletin for Christian Scholarship = Koers : Bulletin vir Christelike Wetenskap 72, pp 119 –126 (2007)More LessGeagte voorsitter, eregaste, dis vir my 'n besondere voorreg om hier op te tree.
-
My regte! Jou regte? Kom ons praat
My regte! Jou regte?, Leon Wessels : book reviewAuthor Jan SwanepoelSource: Koers : Bulletin for Christian Scholarship = Koers : Bulletin vir Christelike Wetenskap 72, pp 129 –132 (2007)More LessDie aanbreek van 'n nuwe regstaatlike bedeling in Suid-Afrika in 1994 is met 'n verskeidenheid reaksies begroet.
-
Weet ons wat gebeur hierna?
Waar is my geliefde wat gesterf het?, Jan Bothma : book reviewAuthor Klasie HeystekSource: Koers : Bulletin for Christian Scholarship = Koers : Bulletin vir Christelike Wetenskap 72, pp 133 –134 (2007)More LessAfskeid bring noodwendig verlies, gemis en hartseer mee. In die besonder wanneer dit 'n permanente afskeid is soos by die dood van 'n dierbare.
-
Geskiedenis met insig en humor
Spotprente vóór '94 en daarna ..., Frans Esterhuyse : book reviewAuthor N. GoetschSource: Koers : Bulletin for Christian Scholarship = Koers : Bulletin vir Christelike Wetenskap 72, pp 135 –137 (2007)More LessDie boek bevat 'n keur van spotprente wat verskyn het vanaf 1981 tot 2005. Die voorwoord deur P.G. du Plessis is insiggewend in die belangrike bydrae wat 'n spotprentkunstenaar lewer en die uitdagings wat sy werk inhou.
-
Riglyne vir aktiewe en verantwoordelike ouerskap
Die eiesinnige kind, James Dobson : book reviewAuthor Esme Van RensburgSource: Koers : Bulletin for Christian Scholarship = Koers : Bulletin vir Christelike Wetenskap 72, pp 137 –139 (2007)More LessAlhoewel Dobson se fokus met die boek was om vir ouers van eiesinnige kinders riglyne te verskaf rakende die hantering van hulle kinders, is die boek 'n uitstekende gids vir alle ouers, aangesien die riglyne wat verskaf word, eintlik maar op die meeste kinders van toepassing is (die meeste kinders gaan mos maar ook deur eiesinnige fases!).
-
'n Historiografiese oorsig
Die geskiedenis van Boerekos : 1652-1806, H.W. Claassens : book reviewAuthor R.M. CoetzeeSource: Koers : Bulletin for Christian Scholarship = Koers : Bulletin vir Christelike Wetenskap 72, pp 139 –141 (2007)More LessHierdie boek gee 'n oorsig van resepteboeke, ou manuskripte en ander geskiedkundige bronne wat die periode 550 v.C. tot die laat twintigste eeu dek.