1887

n Koers : Bulletin for Christian Scholarship = Koers : Bulletin vir Christelike Wetenskap - Dissecting modernist religion in Gottfried Keller's : research article

USD

 

Abstract


In die voetspore van die Verligting, en sterk onder die invloed van ernstige opposisie in die vorm van opponerende standpunte wat konvensionele Bybelse leerstellinge uitgedaag het, het verskeie liberale teologieë in sowel die Lutherse en gereformeerde tradisies na vore gekom. In die Calvinisties-Zwingliaanse kerke van Switserland het dit onder andere tot uiting gekom in progressiewe godsdiens wat in skrille kontras teenoor die ortodokse belydenis gestaan het. Die skrywer Gottfried Keller is rondom 1840 beïnvloed deur die Duitse ateïstiese filosoof Ludwig Feuerbach, en het kort daarna beroemd geword as een van die mees gevierde Switserse skrywers van sy tyd. In sy novelle "Das verlorene Lachen" het hy die ortodokse reformistiese belydenis, liberale strominge in die gereformeerde kerke, die Rooms-Katolieke godsdiens en Protestantse nonkonformisme sistematies verwerp as intellektueel argaïes en uit pas met die demokratiese en egalitêre gees van die tyd, produkte van die ondersteuners van 'n gestratifiseerde sosiale sisteem wat hy as onaanvaarbaar beskou het.

In the wake of the Enlightenment and heavily influenced by serious challenges in Biblical scholarship to conventional doctrines, various kinds of liberal theology emerged in European Protestantism of both the Reformed and Lutheran traditions. Within the Calvinist-Zwinglian churches of Switzerland, this came to expression in, inter alia, progressive religion which stood in marked contrast to confessional orthodoxy. The novelist Gottfried Keller had been influenced by the German atheistic philosopher Ludwig Feuerbach in the 1840s and shortly thereafter gained prominence as one of the most gifted Swiss writers of his era. In his novella "Das verlorene Lachen", Keller systematically rejected confessional Reformed orthodoxy, liberal currents in the Reformed churches, Roman Catholicism and Protestant nonconformity as intellectually archaic and out of harmony with the democratic and egalitarian spirit of the times, either products of supporters or a stratified social system which he found unacceptable.

Loading

Article metrics loading...

/content/koers/72/1/EJC59294
2007-01-01
2016-12-08
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error