1887

n Koers : Bulletin for Christian Scholarship = Koers : Bulletin vir Christelike Wetenskap - Globalisation in African and Biblical perspectives : research article

USD

 

Abstract


Hierdie artikel fokus hoofsaaklik op die ontleding van die betekenis en doel van globalisering en om vas te stel waarom vele inwoners van Afrika klaarblyklik skepties is oor die doel van globalisering. Hierdie artikel is uit 'n Christelik-teologiese oogpunt geskryf en dus word die ooreenkoms tussen globalisering en 'n Bybelse wêreldbeskouing ook ondersoek. Die inligting hiervoor is hoofsaaklik verkry uit biblioteekbronne. Teoreties is die artikel verklarend en krities. Dit word duidelik dat globalisering wel met Afro-Bybelse wêreldbeskouing ooreenstem, maar egter net in soverre as wat dit die onvoorwaardelike liefde vir God en die medemens, universele geregtigheid, barmhartigheid en empatie insluit. Dit wil voorkom asof die wêreld wel besef hoe interafhanklik menslike lewe is, maar die vermoede ontstaan egter dat die eienaars van veelvolkige organisasies, wat groot voorstanders van globalisering is, se motiewe nie altyd onbaatsugtig is nie. Dis opmerklik dat Westerse instellings, verteenwoordig deur die veelvolkige organisasies, altyd daarop uit was om Afrika en die Derde Wêreld in die besonder, uit te buit. Terselfdertyd is egter besef dat geen eksterne bedreiging suksesvol kan wees sonder die samewerking van 'n interne vyand nie. Daar was en sal altyd Afrika-leiers wees wat met uitlanders heul om die kontinent uit te buit. Globalisering kan veel beter in Afrika geïmplementeer word indien die leiers meer waarde aan die etiese sou heg en met meer omsigtigheid sou optree.

The main focus of this article consists of unraveling the meaning of globalisation in terms of its purpose, and determining why many Africans appear to view its goals skeptically. The study is done from a Christian theological perspective, thus the conformity of globalisation to Biblical worldview is also examined. The data were gathered mainly through library consultation. Theoretically, the study is expository and critical. One discovers that globalisation conforms with Afro-Biblical worldviews, but only in so far as it embraces unstinting love of God and the neighbour, universal justice, mercy and compassion. The world itself seems to be realising how interdependent human life is. It is, however, suspected that the owners of the multinational corporations who are drumming up globalisation, have ulterior motives. It was noted that Western institutions, represented by multinationals, have always sought ways to exploit Africa and the Third World in general. At the same time, there is the realisation that no external enemy could succeed without the cooperation of some internal enemy, and there have always been African rulers who collaborate with foreigners to exploit the continent. It is explained that Africa can fare better with globalisation if the leaders are ethically and prudentially upright.

Loading

Article metrics loading...

/content/koers/72/2/EJC59304
2007-01-01
2016-12-03
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error