1887

n Koers : Bulletin for Christian Scholarship = Koers : Bulletin vir Christelike Wetenskap - Praktykteoretiese merkers vir effektiewe en verantwoordelike integrasie van visuele elemente in die kommunikatiewe struktuur van reformatoriese prediking : navorsingsartikel

USD

 

Abstract


In this article an attempt is made to identify some essential practice theoretical markers for the introduction of visual elements in the communicative structure of reformed preaching. Introduction of visual elements is complicated in the context of the reformed tradition not only by this tradition's resistance to the use of visual elements in the liturgical environment, but also by unfamiliarity with the dynamic involved when visual elements are employed in the communicative process. In answering the first challenge posed in the foregoing article regarding the effective integration of visual elements in the communicative structure of preaching, an attempt is made to indicate a praxis in which introduction of visual elements will not disturb the essential structure of preaching (God speaking his Word) and will not curb the believer's primary instrument of perception (looking further into the spiritual dimension through faith). In answering the second challenge posed in the foregoing article regarding responsible integration of visual elements in the communicative structure of preaching, an attempt is made to indicate a praxis in which a distinction is made between visualisation that draws the listener / perceiver into earthbound thought or lack of reference to real life situations on the one hand and visualisation that focuses the listener / perceiver in faith on God and anchors the contents of revealed truth in real life situations.

In hierdie artikel word gepoog om enkele praktykteoretiese merkers te identifiseer vir die komplekse terrein waarop die prediker hom begewe wanneer hy visuele elemente by die kommunikatiewe struktuur van prediking wil betrek. Integrasie van visuele elemente in die kommunikatiewe struktuur van prediking word in die konteks van die reformatoriese tradisie gekompliseer deur sowel hierdie tradisie se weerstand teen die gebruik van visuele elemente in die erediens, as die onbekendheid met die dinamika wat deur die visuele in die kommunikatiewe proses ontketen word. In antwoord op die uitdaging wat in die voorafgaande artikel ten opsigte van effektiewe integrasie van visuele elemente in die kommunikatiewe struktuur van prediking gestel is, word gepoog om 'n weg aan te dui waarin integrasie van visuele elemente nie die wesenlike struktuur van prediking (wat daarin bestaan dat God aan die woord kom) versteur nie en nie die primêre waarnemingsinstrument van geloof (wat verder laat kyk tot in die geestelike dimensie) afstomp nie. In antwoord op die uitdaging wat in die voorafgaande artikel ten opsigte van verantwoordelike integrasie van visuele elemente in die kommunikatiewe struktuur van prediking gestel is, word gepoog om 'n weg aan te dui waarin onderskeid gemaak kan word tussen visualisering wat die hoorder / waarnemer enersyds in begrensdheid of ankerloosheid kan laat verval en andersyds in geloof op God rig en die werklikheid van die geloofsinhoude in die eie lewe laat sien.

Loading

Article metrics loading...

/content/koers/72/4/EJC59340
2007-01-01
2016-12-04
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error