1887

n Koers : Bulletin for Christian Scholarship = Koers : Bulletin vir Christelike Wetenskap - Die historiese agtergrond van die postmoderne visie op normatiwiteit en op 'n Christelike lewensvisie : navorsingsartikel

USD

 

Abstract


Usually the criticism of Christian thinkers on postmodernism includes the notion that its representatives are normative relativists and that they furthermore do not apply relativism to their own viewpoint. Postmodernists in turn regard a Christian world-view as absolutist - a legalistic, exclusivist, marginalising and oppressive ideology. This article intends to make a small contribution to this debate. As an introduction a brief characteristic of the contemporary postmodern spirit is provided. It is indicated that the spirit of a period is determined by its conception of normativity or its idea of lawfulness. This is followed by a historical survey to trace the road which subjectivist Western thought about normativity had travelled until it reached radical relativism in postmodernism. The question is then asked whether postmodernism can really maintain its historistic relativism. As an alternative to such a viewpoint a Reformational worldview suggests the stability of God's creational ordinances. At the same time the postmodern warning that worldviews can be or become legalistic, oppressive ideologies should be taken seriously. Specific trends that may endanger a Christian world-view are therefore identified. In conclusion it is indicated how, through a careful listening to God's Word, these threads can be counteracted.

Gewoonlik sluit die kritiek van Christelike denkers op die postmodernisme in dat die verteenwoordigers van hierdie stroming in normatiewe relativisme verval, maar dit nie konsekwent op hulle eie visie wil toepas nie. Omgekeerd is postmoderniste van mening dat 'n Christelike lewensvisie absolutisties is - 'n legalistiese, eksklusiwistiese, marginaliserende en onderdrukkende ideologie. Hierdie artikel wil 'n klein bydrae tot hierdie debat maak. Ter inleiding word 'n kort karakteristiek van die postmoderne gees van die kontemporêre tyd gegee. Daar word ook aangetoon dat die gees van 'n tyd veral bepaal word deur sy idee van normatiwiteit of wetmatigheid. Dit word gevolg deur 'n historiese oorsig, wat aantoon hoe die subjektiwisties-georiënteerde Westerse denke uiteindelik op die radikale normatiewe relativisme van die postmodernisme uitgeloop het. Vervolgens word die vraag gestel of die historistiese uitgangspunt van die postmodernisme werklik konsekwent gehandhaaf kan word. As alternatief op so 'n visie word die Reformatoriese lewensvisie se standpunt oor die konstantheid van God se skeppingsordeninge voorgestel. Omdat die postmodernisme se waarskuwing oor legalisme en verideologisering nie ligtelik opgeneem mag word nie, word sekere gevare geïdentifiseer wat 'n Christelike lewensvisie kan bedreig. Ter afsluiting word enkele moontlikhede geopper oor hoe sulke bedreigings deur middel van 'n fyner luister na God se Woord voorkom kan word.

Loading

Article metrics loading...

/content/koers/72/4/EJC59342
2007-01-01
2016-12-06
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error