
Full text loading...
Met die intreeslag meld die redakteur dat die Grensoorlog, gemeet teen ander wêreldkonflikte, slegs as 'n reeks skermutselings beskryf sou kon word. Die Suid-Afrikaanse Regering van daardie era se stilswye oor sy betrokkenheid in die konflik het tereg daartoe bygedra om die toenemend eskalerende militêre aktiwiteite in die suide van Angola van die publiek te weerhou. Individue van oor 'n breë spektrum het deel van hierdie skermutselings gevorm en vir hulle wat opofferings gemaak het, was dit inderdaad 'n era van 'n totale aanslag.
Article metrics loading...