1887

n Koers : Bulletin for Christian Scholarship = Koers : Bulletin vir Christelike Wetenskap - How should agriculture produce enough food for the world? : original research

USD

 

Abstract

From an agricultural point of view, the question if the earth can feed adequately not only its current population of 7 billion people, but also the expected population of 9 billion people to 10 billion people by 2050, is currently answered in two opposing ways. Some believe modern agriculture should increase productivity by implementing technological innovation and eliminating subsistence agriculture. Others believe industrialised agriculture is out of tune with the ecology and sufficient healthy food may be produced by an agriculture that recognises ecological and biological limits (known as ecological intensification). On the basis of a theoretical framework derived from reformational philosophy and in particular the concept of enkapsis, this article supports ecological intensification, especially if it forms part of a cultural development guided by Schuurman's metaphor of a garden-city. However, it is still a marginal activity within a culture directed by a belief in progress. High rates of economic growth, based on technological innovation, appears to validate such faith, but human and environmental costs are insufficiently acknowledged (metaphor: the earth is a machine). A break with technicism and economism becomes a pre-condition for feeding adequately both the present and the projected population of the world.


Die vraag of die aarde in staat is om nie net die huidige populasie van 7 biljoen mense nie, maar 'n geskatte 9 biljoen mense tot 10 biljoen mense teen 2050, voldoende te voed, word tans op twee verskillende maniere beantwoord. Daar is diegene wat glo dat moderne landbou produktiwiteit moet verhoog deur deur tegnologiese vernuwing, terwyl bestaansboerdery geëlimineer moet word. Hierdie oplossing word teengestaan deur diegene wat glo dat geïndustrialiseerde landbou nie in pas is met die ekologie waarin dit plaasvind nie. Hulle redeneer dat daar steeds genoegsame produksie van gesonde voedsel kan wees wanneer ekologiese en biologiese grense in ag geneem word (ekologiese intensivering). In die lig van 'n teoretiese raamwerk wat 'n oorsprong in die reformatoriese filosofie het, en in besonder die enkapsis-konsep, is daar in hierdie artikel geredeneer dat ekologiese intensivering die beter alternatief is, veral wanneer dit deel uitmaak van 'n kulturele ontwikkeling gelei deur Schuurman se tuinstadmetafoor. Dit is egter steeds 'n marginale gedagte in 'n kultuur wat oorheers word deur die geloof in vooruitgang. Sodanige geloof word skynbaar geregverdig deur die hoë ekonomiese groeikoers wat op tegnologiese vernuwing gebaseer is, maar, alhoewel dit nie genoegsaam erken word nie, geskied dit ten koste van die mens en die omgewing (metafoor: die aarde is 'n masjien). 'n Breek met tegnisisme en ekonomisme word 'n voorwaarde vir voldoende voedsel vir die huidige sowel as toekomstige wêreldbevolking.

Loading

Article metrics loading...

/content/koers/77/2/EJC128823
2012-01-01
2016-12-05
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error