1887

n Koers : Bulletin for Christian Scholarship = Koers : Bulletin vir Christelike Wetenskap - Die konsep : 'n Feministiese historiografie oor die verhouding tussen die vroulike en die manlike geslag : original research

USD

 

Abstract

Hierdie artikel analiseer die vooronderstellings waaruit die geskiedenis van die konsep in die feministiese filosoof Prudence Allen se belangrike werk, , filosofies benader word. Volgens 'n ideëgeskiedenismetode ondersoek sy die visies van 60 manlike en vroulike Westerse denkers ten opsigte van die vrou gedurende 750 v.C. tot 1250 n.C. Sy bespreek ook drie basiese modelle vir die verhouding tussen die vrou en die man, naamlik geslagtelike eenheid, polariteit en komplementariteit. Twee van die artikelskrywer se belangrikste probleme met haar filosofiese historiografie is eerstens dat sy nie duidelik genoeg aantoon hoe die verskillende onties-antropologiese uitgangspunte op die mens die uiteenlopende visies op die twee geslagte bepaal nie. Tweedens soek sy na die norm vir die relasie tussen die twee geslagte op subjektivistiese wyse in hulle verhoudings self, in plaas van in 'n maatstaf buite die verhoudings. Haar eie voorkeur vir 'n komplementêre verhouding word ook bevraagteken. Verder blyk dit dat sy die onderskeid tussen natuurgenade en filosofie-teologie nie konsekwent op die geskiedenis kon toepas nie. Met die oog op verdere besinning, word ter afsluiting die standpunte van enkele kontemporêre Protestantse denkers oor die onderwerp vermeld. Verder word 'n opvolgartikel in die vooruitsig gestel waarin aangetoon sal word dat 'n konsekwent probleem-historiese metode van wysgerige historiografie antwoorde kan bied op die twee hoofgebreke van Allen se andersins boeiende en baanbrekende studie.


This article analyses the presuppositions underlying the feminist philosopher Prudence Allen's important book, , on the history of the idea of woman and women's relation to the other sex. Following the method of the history of ideas, she investigates the viewpoints of about 60 male and female western thinkers during 750 BC - AD 1250. She distinguishes three basic models in the relation between female and male, viz. gender unity, polarity and complementarity. The writer of his article, however, highlights apart from other queries, two major problems with her historiography. Firstly, she does not indicate clearly enough how different ontic-anthropological philosophical starting points determined the differing viewpoints on the two genders. Secondly, instead of accepting a norm from outside, she looks for a directive on the relation between male and female (in a subjectivist way) in the relation itself. Such an approach is the consequence of her dualistic division between a supposed neutral philosophy and Christian theology. She also does not succeed to apply her nature-grace and philosophy-theology distinction consistently in her review of history. Furthermore, Allen's preference for the idea of complementarity is questioned. To stimulate further reflection, a few contemporary protestant views on the same issue are pointed out. In conclusion a follow-up contribution is envisaged which will indicate that a consistent problem-historical method of philosophical historiography may provide answers to the two main shortcomings identified in Allen's otherwise captivating and ground-breaking study.

Loading

Article metrics loading...

/content/koers/79/1/EJC151563
2014-01-01
2016-12-09
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error