1887

n Koers : Bulletin for Christian Scholarship = Koers : Bulletin vir Christelike Wetenskap - Calvin's view on the book of the Acts of the Apostles : original research

USD

 

Abstract

How does John Calvin view the book of the Acts of the Apostles? What does he see as the benefit of this book for the church of his time? Is he, like so many today, of the opinion that the book of Acts is primarily about the work of the Holy Spirit? Calvin preached and commented on the book of Acts from 1549 to 1554. His commentary is preceded by an as well as a number of dedicatory letters (accompanying the respective editions). In these introductory documents Calvin gives the reader insight into his view on the benefit and the theme of Acts. He describes the benefit of the book of Acts primarily from a Christological perspective: the book of Acts paints a picture of the effect that Christ's death and resurrection had after he ascended into heaven. This benefit takes its most visible form in the theme of Acts, which Calvin subsequently identifies: the beginning of the church. The theme of the book of Acts is therefore defined from an ecclesiological perspective. This article demonstrates the value of studying not only Calvin's commentaries themselves, but also the introductory documents that accompanied them. In this way, a clear picture of Calvin's view on the book of Acts is painted.


Wat is Johannes Calvyn se visie op die boek Handelinge van die Apostels? Wat is, vir hom, die waarde van hierdie boek vir die kerk van sy dae? Is hy, soos baie vandag, van mening dat Handelinge in die eerste plek gaan oor die werk van die Heilige Gees? Vanaf 1549-1554 het Calvyn oor Handelinge gepreek en geskryf. Sy kommentaar word voorafgegaan deur 'n sowel as verskeie opdragbriewe (wat die onderskeie uitgawes vergesel het). In hierdie inleidende dokumente gee Calvyn insig in wat hy beskou het as die waarde en tema van die boek Handelinge. Hy beskryf die waarde veral vanuit 'n Christologiese perspektief: die boek Handelinge skets vir ons die effek van Christus se dood en opstanding nadat Hy na die hemel opgevaar het. Hierdie effek neem sy mees sigbare vorm in die tema wat Calvyn vir die boek Handelinge identifiseer: die begin van die kerk. Die tema word dus vanuit 'n ekklesiologiese perspektief gedefinieer. Hierdie artikel toon die waarde daarvan aan om nie slegs Calvyn se kommentare te bestudeer nie, maar ook die gepaardgaande inleidende dokumente. Daardeur word Calvyn se visie op die boek Handelinge duidelik vir ons geteken.

Loading

Article metrics loading...

/content/koers/79/4/EJC157880
2014-01-01
2016-12-08
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error