
Full text loading...
The ninth official South African Congress on Calvin Research, which was held from the 15-17th of August 2012 in Pretoria, in some sense explored new avenues. For the first time since the initiation of the South African Congresses on Calvin Research in 1980, this congress was not held at one of the traditional universities, but at a private venue, namely that of Solidarity in Groenkloof, Pretoria, which was kindly made available by this organisation. Furthermore, it was presented in cooperation with Aros (Aksie Reformatoriese Opleiding en Studies), a tertiary institution that has been striving for the education of Christian teachers since 2004. The organisers want to thank these institutions for their input and contributions. But despite these new avenues there was still the familiar way of solid Calvin research from the primary sources.
Die negende amptelike Suid-Afrikaanse Kongres vir Calvynnavorsing, wat vanaf 15-17 Augustus 2012 in Pretoria aangebied is, het in 'n sekere opsig 'n unieke weg ingeslaan. Vir die eerste keer sedert die ontstaan van die Suid-Afrikaanse Calvynnavorsingskongres in 1980 is hierdie kongres nie by een van die tradisionele universiteite aangebied nie, maar by private lokale, naamlik die fasiliteite van Solidariteit in Groenkloof, Pretoria, wat goedgunstiglik deur hierdie organisasie beskikbaar gestel is. Verder is dit aangebied in samewerking met Aros (Aksie Reformatoriese Opleiding en Studies), 'n tersiêre instelling wat hom sedert 2004 beywer vir die opleiding van Christelike onderwysers. Die organiseerders se opregte dank gaan uit na hierdie instellings vir hulle insette en bydraes. Maar ten spyte van nuwe weë was daar ook die vertroude weg van deeglike navorsing oor Calvyn vanuit die primêre bronne.
Article metrics loading...