1887

n Journal for Language Teaching = Ijenali Yekufundzisa Lulwimi = Tydskrif vir Taalonderrig - Die gebruik van die metadiskoerskategorie "bewyse" as voorvereiste vir suksesvolle argumentatiewe skryfwerk op tersiêre vlak

USD

 

Abstract

Hierdie artikel werp lig op die gebruik van Hyland (2004:139) se metadiskoerskategorie "bewyse" in eerstejaar-universiteitstudente se akademiese, argumentatiewe skryfwerk. 'n Kwasi-eksperimentele navorsingsontwerp is gebruik ten einde kwantitatiewe data in te samel rakende die invloed wat 'n intervensie sal hê op die deelnemers se gebruik van en verwysing na bronne volgens die Noordwes-Universiteit se amptelike verwysingstyl. Ten einde eties om te gaan met akademiese bronne, is dit belangrik dat studente reeds vroeg in hulle universiteitsloopbaan bewus gemaak behoort te word van die erkenning van bronne wat in tekste geraadpleeg word. 'n Handontleding en vergelyking van twee korpora, bestaande uit 109 tekste elk (woordtotale van onderskeidelik 54 586 en 56 151), is gedoen. Daar is bevind dat, ten spyte van die beperkte hoeveelheid tyd wat aan die onderrig van die metadiskoerskategorie "bewyse" afgestaan is, dit wel 'n positiewe invloed het op die erkenning van bronne en die korrekte verwysing daarna volgens die Harvardstyl.

Loading

Article metrics loading...

/content/langt/49/1/EJC181256
2015-01-01
2016-12-09
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error