1887

n Lexikos - Ostensiewe illustrasies as mikrostrukturele items in verklarende skoolwoordeboeke gerig op leerders in die junior sekondêre fase

USD

 

Abstract


An explanatory school dictionary targeting learners in the junior secondary phase must, in the South African context, pursue user-oriented practices in order to add value for both mother-tongue- and non-mother-tongue-speaking learners on a communicative and a pedagogical level. One such practice would be the inclusion of ostensive illustrations as microstructural items in order to enhance the transfer of pragmatic and semantic data. In this article, the value of ostensive illustrations and their relevance in an explanatory school dictionary targeting learners in the junior secondary phase are evaluated, after which certain reservations regarding their use are addressed. A decision on whether to include ostensive illustrations demands a further discussion of where to position these items in the microstructure, as well as a discussion of different types of illustrations that will be suitable for inclusion in the type of dictionary profiled. Thereafter a critical evaluation of the treatment of ostensive illustrations in a genuinely South African explanatory school dictionary targeting learners in the junior secondary phase is provided and suggestions made for an improved microstructural treatment that meets the demands set by the user perspective. Lastly, the issue of necessary mediostructural support for this data type in the form of precise, comprehensive cross-references will be raised. This article aims to present criteria for the successful lexicographical treatment of ostensive illustrations.

'n Verklarende skoolwoordeboek gerig op leerders in die junior sekondêre fase moet, in die Suid-Afrikaanse konteks, gebruikersgerigte praktyke navolg om op kommunikatiewe en pedagogiese vlak waarde toe te voeg vir beide moedertaal- en niemoedertaalsprekende leerders. Een so 'n praktyk is die opname van ostensiewe illustrasies as mikrostrukturele items om die oordrag van pragmatiese en semantiese data te bevorder. In hierdie artikel word die waarde van ostensiewe illustrasies en hulle relevansie binne 'n verklarende skoolwoordeboek gerig op leerders in die junior sekondêre fase beoordeel, waarna sekere voorbehoude rakende hulle gebruik behandel word. 'n Besluit om wel ostensiewe illustrasies op te neem, noodsaak verder 'n bespreking van waar om hierdie items in die mikrostruktuur te plaas sowel as 'n bespreking van verskillende tipes illustrasies wat vir opname in die woordeboektipe onder bespreking geskik sal wees. Vervolgens word 'n kritiese evaluering van die hantering van ostensiewe illustrasies in 'n eg Suid-Afrikaanse verklarende skoolwoordeboek gerig op leerders in die junior sekondêre fase gegee en voorstelle gemaak vir 'n verbeterde mikrostrukturele behandeling wat aan die eise van die gebruikersperspektief voldoen. Laastens word die kwessie van noodsaaklike mediostrukturele ondersteuning vir hierdie datatipe in die vorm van presiese, omvattende kruisverwysings, ter sprake gebring. Hierdie artikel probeer dus om kriteria vir die suksesvolle leksikografiese hantering van ostensiewe illustrasies aan te bied.

Loading

Article metrics loading...

/content/lexikos/15/1/EJC60527
2005-01-01
2016-12-03
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error