1887

n Lexikos - The presentation and treatment of collocations as secondary guiding elements in dictionaries

USD

 

Abstract

Collocations represent an item type that is frequently presented and treated in an insufficient way in dictionaries. It is cumbersome for the user to distinguish between collocations and example sentences, and dictionaries often include no additional treatment directed exclusively at collocations. In this contribution the need is shown for the recognition of collocations as an item type. It is suggested that they should be presented in such a way in dictionary articles that they can function as secondary guiding elements. Besides their inclusion in dictionaries collocations also need to receive a treatment that makes provision for, in many instances, at least an example sentence but that could also include, when necessary, stylistic and other labels and even a brief paraphrase of meaning. It is shown how collocations are presented and treated in a few existing dictionaries. These presentations are criticised and proposals are made for an improved presentation. In this regard Wiegand's model for a semi-integrated microstructure is adapted to provide for the presentation of collocations in their own non-integrated search zone. Besides the explicit presentation of single collocations proposals are made for an implicit presentation of complex collocations. From a single item form users should then be able to retrieve different items. Although the discussion primarily focuses on printed dictionaries proposals are also made for the presentation of collocations in online dictionaries.


Kollokasies is 'n aanduidertipe in woordeboeke waarvan die aanbieding en bewerking dikwels onvoldoende is. Dit is vir die gebruiker moeilik om kollokasies van voorbeeldsinne te onderskei en woordeboeke bied dikwels geen bykomende bewerking wat uitsluitlik op kollokasies gerig is nie. In hierdie bydrae word die behoefte aan 'n volwaardige erkenning van kollokasies as aanduidertipe bepleit. Daar word voorgestel dat die aanbieding in woordeboekartikels sodanig moet wees dat hulle as sekondêre gidselemente kan optree. Naas die opname van kollokasies moet daar ook 'n bewerking gebied word wat vir minstens 'n voorbeeldsin maar waar nodig ook vir styl- of ander etikette en selfs vir 'n bondige betekenisparafrase voorsiening maak. Daar word gewys op die manier waarop kollokasies in enkele bestaande woordeboeke opgeneem en bewerk word. Kritiek word hierop uitgespreek en voorstelle word aan die hand gedoen vir 'n verbeterede aanbieding. In hierdie verband word Wiegand se model van 'n semi-geïntegreerde mikrostruktuur aangepas om voorsiening te maak vir die aanbieding van kollokasies in 'n eie niegeïntegreerde soeksone. Naas die eksplisiete aanbieding van enkelkollokasies word voorstelle gemaak vir 'n implisiete aanbieding van komplekse kollokasies. Vanuit een aanduidervorm moet gebruikers daartoe in staat wees om verskillende aanduiders te kan onttrek. Die bespreking is primêr op gedrukte woordeboeke gerig, maar voorstelle word ook gemaak vir die aanbieding van kollokasies in aanlynwoordeboeke.

Loading

Article metrics loading...

/content/lexikos/25/1/EJC180588
2015-01-01
2016-12-05
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error