1887

n Literator : Journal of Literary Criticism, Comparative Linguistics and Literary Studies - Spore in die sand - 'n herbeskouing van die oeuvre van C.M. van den Heever : research article

USD

 

Abstract


C.M. van den Heever was a prominent Afrikaans writer in the period between 1930 and 1950. Since the 1960s the general opinion held by literary scholars has been that his work has become dated thematically as well as stylistically. In an essay, written in 1947, Van den Heever states and explains his poetical stance on some key issues such as the sources of his writing, the schism between romanticism and realism in his life and work, the importance of a vision of life in his work. The essay also contains some valuable indications of the philosophical influences on Van den Heever as a person and as a writer. In this article Van den Heever's own views are compared to the views held by critics. The article indicates that Van den Heever consciously addressed exactly those problems that critics regard as shortcomings in his oeuvre. The article concludes that rereading older works of literature opens up new perspectives on the past and on older literary texts. Older literature also adds to the present because knowledge of the past contributes to an understanding of the present. In the final instance the statement is made that literature constitutes a link between past and present, and older literature lives on through rereadings by committed readers.


C.M. van den Heever was 'n toonaangewende skrywer tussen 1930 en 1950. Vanaf 1960 kry sy werk min aandag aangesien dit stilisties sowel as tematies nie meer die impak van vroeër het nie en selfs as verouderd beskou word. In 'n essay, gepubliseer in 1947, stel en verduidelik Van den Heever belangrike opvattings oor sy eie werk. Hy praat oor die bronne waaruit sy skryfwerk groei, die dualiteit tussen realisme en romantiek in sy werk en die belangrikheid van 'n etiese ingesteldheid in alle estetiese werk. Die essay bevat ook waardevolle inligting oor die filosofiese invloede op Van den Heever as mens en op sy werk. In hierdie artikel word Van den Heever se eie siening van sy werk sowel as sy poëtikale opvattings in verband gebring met die beskouings en oordele van literatore en kritici. Daar word aangetoon dat Van den Heever bewus was van die aard en styl van sy werk en dat hy bewustelik met hierdie kwessies in interaksie getree het. Die gevolgtrekking word gemaak dat die herlees van ouer tekste telkens 'n nuwe perspektief op die werke teweegbring, sowel op die tekste self as op die periode waarin dit geskryf is. Ouer literatuur verryk die hede omdat begrip van die verlede meewerk om die hede te verstaan. Die artikel sluit af met die gedagte dat literatuur 'n band tussen hede en verlede daarstel en dat ouer literêre tekste bly "lewe" in die herlesings van toegewyde lesers.

Loading

Article metrics loading...

/content/literat/24/1/EJC61725
2003-04-01
2016-12-09
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error