
Full text loading...
The background and genesis of Hubert du Plessis's German and French songs
Die Suid-Afrikaanse komponis, Hubert du Plessis, het op 7 Junie 2002 tagtig jaar oud geword. Onder sy 77 kunsliedere is daar (afgesien van liedere in Afrikaans, Engels en Nederlands) altesaam elf gebaseer op Duitse tekste en een op 'n Franse teks. Die doel van hierdie artikel is om die ontstaan van hierdie Duitse en Franse liedere na te speur. Du Plessis is beïnvloed deur sy kleinneef, die Afrikaanse digter Barend J. Toerien, wat saam met hom in die koshuis was aan die Universiteit van Stellenbosch waar hulle in die vroeë veertigerjare studeer het. Toerien het Du Plessis bewus gemaak van Rilke se werk, en Du Plessis het "Herbst" later getoonset. Du Plessis se tien Morgenstern-liedere is geïnspireer deur die Morgenstern-digbundel wat hy toevallig as 'n geskenk van Susanne Stark- Schwietering ontvang het. Sy was 'n student in Grahamstad waar Du Plessis aan die Rhodes Universiteitskollege klasgegee het (1944-1951). Tydens sy studie in Londen (1951-1954) het Du Plessis in 1951 ook 'n Morgenstern-bundel van Howard Ferguson ontvang. Die keuse van Franse verse uit Salomo se Hooglied is in 1966 beïnvloed deur die raad van Hilda de Wet in Stellenbosch. Dit is opvallend dat Du Plessis se belangrikste komposisieonderwysers, William Bell, Friedrich Hartmann en Alan Bush, byna geen invloed op die keuse van tekste vir sy Duitse en Franse liedere gehad het nie.
Article metrics loading...