1887

n Literator : Journal of Literary Criticism, Comparative Linguistics and Literary Studies - The role of political songs in the realisation of democracy in South Africa : research article

USD

 

Abstract


Die kwessie wat in hierdie artikel ondersoek word, is of 'n vorm van mondelinge kuns, naamlik politieke liedere, 'n aandeel gehad het in die bereiking van demokrasie in Suid-Afrika, en indien wel, wat daardie aandeel behels het. Dit moet in gedagte gehou word dat politieke liedere een voorbeeld is van die groot en lewenskragtige korpus van mondelinge kuns in Suid-Afrika. 'n Aspek van mondelinge kuns wat besonder toepaslik is op politieke liedere is die feit dat sulke liedere dikwels opgevoer word om 'n sekere doelwit te bereik of om 'n verlangde uitkoms te bewerkstellig. Die kenmerke en aard van mondelinge opvoering is egter net so belangrik. Dit is duidelik dat die politieke lied 'n groot deel van sy impak verkry het op grond van die dinamika wat die opvoering daarvan teweeggebring het. Politieke liedere het ontwikkel vanuit kerkliedere met bedekte verwysings na lyding, tot opruiende sang met openlike en strydlustige politieke boodskappe. Die gevolgtrekking word gemaak dat politieke liedere 'n beslissende rol gespeel het om demokrasie van onder af tot stand te bring.

The issue this article attempts to explore is whether a form of oral art - political songs - played a part in achieving democracy in South Africa, and, if so, how this aim was achieved. In this regard it should be kept in mind that political songs form part of the large, vibrant body of oral art in South Africa. An aspect of oral art that is particularly relevant to political songs is that it is often performed to be efficacious, that is, it is performed to achieve a desired result. Equally important is the attribute of performance. It is obvious that the political song derived much of its power from the dynamics of performance. Political songs evolved from church hymns with obscure references of suffering to power singing with an overt and belligerent political message. The conclusion arrived at is that political songs played a vital role in forging democracy from below.

Loading

Article metrics loading...

/content/literat/26/2/EJC61851
2005-08-01
2016-12-08
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error