1887

n Literator : Journal of Literary Criticism, Comparative Linguistics and Literary Studies - Liminal spaces and imaginary places in by Keri Hulme and by Ivan Vladislavic : research article

USD

 

Abstract


Hierdie artikel beweer dat die transenderende mag van die verbeelding wat in letterkunde en veral romans teenwoordig is, 'n groot rol gespeel het om gemeenskappe te konfronteer met hulle spesifieke sosiale en politieke werklikhede in 'n multi-kulturele globale samelewing en om hierdie realiteite te verwerk. Die feit dat romans die ontwikkeling van fiktiewe karakters in tyd en ruimte verteenwoordig, stel die lesers in staat om die lewens van die hoofkarakters indirek te ondervind. Die konsep van liminaliteit (met betrekking tot die verskillende stadia van verwydering, oorgang en herintegrering in die samelewing) vind inderdaad plaas in die leesproses. Die tussenruimte wat liminaliteit skep is veral opmerklik in postkoloniale romans soos "The bone people" deur Keri Hulme. In hierdie roman illustreer Hulme hoe fiktiewe karakters in individuele sowel as sosiale hoedanigheid, "deurgangsrites" moet beleef, sodat hulle ten slotte in staat is om die traumatiese verandering in hulle lewens en kulture die hoof te bied. Op 'n ander wyse en met die bekrompe Suid-Afrikaanse gemeenskap (insluitende die leser) as teiken, gebruik Vladislavic die mag van die verbeelding om subtiele, maar stiemende kritiek te rig op mense wat geen verbeeldingskrag besit en dus nie in staat is om hulle verbeelding konstruktief te gebruik of te projekteer om hulle eng werklikheid te probeer oorkom nie - op dieselfde wyse as Patrick White in sy veroordeling van die eng sosiale konvensies in die Australiese gemeenskap, in sy roman "Voss".

This article argues that the transcendent power of the imagination represented by literature and novels in particular, has played a major role in aiding societies to confront and deal with specific social and political realities in a multicultural global society. The fact that novels represent the development of fictional characters in time and space, enables the reader to experience the lives of the protagonists in a vicarious fashion. In fact, the concept of liminality (with regard to the different stages of separation, transition and re-integration into society) is emulated in the reading process. The interstitial space provided by liminality is especially pertinent to postcolonial novels such as "The bone people" by Keri Hulme. In this novel Hulme illustrates how fictional characters, in an individual and social sense, have to experience "rites of passage" in order to come to terms with traumatic changes in their lives and cultures. In a different way and with the bigoted South African apartheid society (including the reader) as target, Vladislavic exploits the power of the imagination to launch a subtle, yet stringent critique on people who lack imagination and consequently fail to use it constructively in order to transcend their narrow-minded reality - similar to Patrick White in his condemnation of restrictive social conventions in Australian society in his novel "Voss".

Loading

Article metrics loading...

/content/literat/27/1/EJC61900
2006-04-01
2016-12-04
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error