1887

n Literator : Journal of Literary Criticism, Comparative Linguistics and Literary Studies - Wildernis en woestyn : omgewingskragte teen die mens s'n in en : research article

USD

 

Abstract


In Chris Barnard's "Boendoe" (1999) and Christoffel Coetzee's "Toewaaisand" (2003), the relationship between man and nature is stressful. This article investigates the nature and intensity of the characters' experience of and reaction to geographical isolation and natural environmental crises and forces in the novels. In both novels evidence of heightened interdependency between the characters is found, but also a degradation of social and communication skills and disillusionment regarding the inability to create and maintain meaningful relationships. Surrounding environmental circumstances and events lead to trauma and exhaustion in the characters from "Boendoe" and experiences of the disruption of life, isolation and estrangement of loved ones in "Toewaaisand". Findings from within psychology are applied in this article to conjoin the experiences of characters and individual narratives with the general, human inclination to indicate relevance within the reader's life. In both novels the influence of natural environmental factors is related to the development of liminal fields of experience. The characters experience the phases of "separation" and "limen" in Turner's transformation model, but this is not followed by the experience of "reincorporation". Opposed to the creativity that is usually linked with liminality, in these novels a destructive process is taking place: liminality without a hopeful or constructive prospect.

In Chris Barnard se "Boendoe" (1999) en Christoffel Coetzee se "Toewaaisand" (2003) word 'n spanningsverhouding tussen mens en natuur aangetref. Die artikel ondersoek die aard en intensiteit van die karakters se belewing van en reaksie op geografiese afsondering en natuurlike omgewingskrisisse en -kragte in die romans. In albei romans word bewyse gevind van verhoogde interafhanklikheid van die karakters, maar ook 'n aftakeling van sosiale en kommunikasievaardighede en ontnugtering in die vermoë om sinvolle verhoudings aan te knoop of te handhaaf. Die omringende natuuromstandighede en -gebeure gee aanleiding tot trauma en uitputting by karakters in "Boendoe" en ervarings van lewensontwrigting, isolasie en vervreemding van geliefdes in "Toewaaisand". Bevindings uit die sielkunde word in hierdie artikel betrek om karakterervarings en individuele vertelling te verbind met die algemeen-menslike, om 'n relevansie vir die leser se lewe aan te toon. In albei romans hou die invloed van natuurlike omgewingsfaktore verband met die ontstaan van liminale ervaringsgebiede. Die karakters ervaar die fases van "afskeiding" en "limen" in Turner se transformasiemodel, maar dit word nie gevolg deur die belewing van "herinkorporasie" nie. Teenoor die kreatiwiteit wat gewoonlik met liminaliteit gepaard gaan, is in hierdie romans 'n afbrekende, vernietigende proses werksaam: liminaliteit sonder hoopvolle of opbouende vooruitsig.

Loading

Article metrics loading...

/content/literat/27/1/EJC61901
2006-04-01
2016-12-06
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error