1887

n Literator : Journal of Literary Criticism, Comparative Linguistics and Literary Studies - Oor die drumpel : liminaliteit en literatuur : editorial

USD

 

Abstract

In die negentigerjare van die vorige eeu het Suid-Afrika die wêreld verstom deur die staking van oorlogsaktiwiteite en die onderhandeling tussen die vroeëre vyande aan 'n oorgangsgrondwet wat uiteindelik sou uitloop op vrye verkiesings, 'n volledig inklusiewe demokrasie en 'n nuwe, progressiewe grondwet. ?n Deurslaggewende drumpel is bereik waardeur die bekende wêreld van die apartheidsjare onherroeplik agtergelaat is en 'n onbekende nuwe tydvak betree is. Dit was sowel 'n einde as 'n begin. Aan die een kant het die onderhandelde skikking 'n groot verligting in die land gebring en is die doemprofete wat 'n nimmereindigende konflik voorspel het, verkeerd bewys; aan die ander kant het die nuwe situasie 'n leegte gelaat deurdat óú rigtinggéwende narratiewe hulle betekenis verloor het. Die meesternarratief van apartheid het gedisintegreer; maar ook die narratief van die bevrydingsbeweging, met weerstand teen 'n rassistiese bedeling as sentrale inhoud, het sy sin verloor. Van alle kante moes mense nuut besin in 'n radikaal veranderde samelewing.

Loading

Article metrics loading...

/content/literat/27/1/EJC61905
2006-04-01
2016-12-07
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error