1887

n Literator : Journal of Literary Criticism, Comparative Linguistics and Literary Studies - Vooruitgang en ondergang : historiese dialektiek in twee tekste van Hans Magnus Enzensberger : research article

USD

 

Abstract


Die interpretasie van die geskiedenis as 'n proses van dialektiese ontwikkeling is een van die belangrikste begrippe in die Marxistiese filosofie. Waar vroeë Marxiste hierdie proses op optimistiese wyse beskou het as die noodgedwonge afstuur op 'n sosio-politieke utopie, is latere denkers in die Marxistiese tradisie, veral diegene wat geïdentifiseer is as Neo-Marxiste (soos Theodor Adorno), egter meer pessimisties gestem jeens dialektiek. Veral deur die denke van Adorno beïnvloed, gebruik die Duitse digter en sosiale kommentator Hans Magnus Enzensberger die begrip "historiese dialektiek" as belangrike tema in twee van sy literêre werke: "Mausoleum: siebenunddreißig Balladen aus der Geschichte des Fortschritts" en "Der Untergang der Titanic". In hierdie twee tekste veronderstel die representasie van die dubbelsinnigheid van "Fortschritt" of historiese ontwikkeling 'n meer pessimistiese weergawe van die historiese proses. Hierdie dubbelsinnigheid is duidelik waarneembaar in sowel 'n algemene blik op die historiese proses ("Mausoleum") as in die fokus op 'n spesifieke historiese insident ("Der Untergang der Titanic"). Voorts beoordeel Enzensberger die rol van kuns binne hierdie dialektiese konteks. In hierdie artikel word Enzensberger se literêre gebruik van historiese dialektiek as filosofiese begrip asook die estetiese gevolge wat dit inhou (soos deur Enzensberger gesien) ondersoek.

The interpretation of history as a process of dialectical development has been one of the most important ideas of Marxist philosophy. Whereas earlier Marxists optimistically considered this process as steering inevitably towards a socio-political utopia, subsequent thinkers in the Marxist tradition, especially those identified as Neo-Marxists (like Theodor Adorno), had a more pessimistic interpretation of dialectics. Influenced especially by Adorno, German poet and social commentator Hans Magnus Enzensberger uses the concept of "historical dialectics" as a seminal theme in two of his literary works: "Mausoleum: siebenunddreißig Balladen aus der Geschichte des Fortschritts" and "Der Untergang der Titanic". In these two texts the representation of the ambiguity of "Fortschritt" or historical development presupposes a more pessimistic account of the historical process. This ambiguity is present both in a bird's-eye view of the historical process ("Mausoleum"), and in the focus on one specific historical incident ("Der Untergang der Titanic"). Enzensberger subse-quently continues to consider the role of art within this dialectical context. In this article, both Enzensberger's literary use of the philosophical concept of historical dialectics and its artistic implications (as identified by him) are examined.

Loading

Article metrics loading...

/content/literat/27/2/EJC61924
2006-08-01
2016-12-05
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error