1887

n Literator : Journal of Literary Criticism, Comparative Linguistics and Literary Studies - and in Keats's "Song of four faeries" : research article

USD

 

Abstract

Despite the fact that Keats's "Song of four faeries" received very little critical attention, the poem raises interesting issues regarding the creative and destructive forces in nature. The poem presents a conversation between the four elemental faeries about union and separation. Using Empedocles' four-element theory of creation and change in nature as framework, this article explores through close reading how the form and content of the poem mirror creative and destructive natural processes. It concludes that both Empedocles' concepts "philia" (the creative force), and "neikos" (the destructive force), feature in both form and content, but that "philia" is more prevalent in the form, whereas "neikos" is expressed mostly in the content of the poem. Furthermore, the natural changes presented in the poem suggest themselves in the form of the poem before they become evident in its content.


Ten spyte van die feit dat Keats se "Song of four faeries" min aandag geniet in die literatuur, bied die gedig interessante perspektiewe op die natuur se skeppende en verwoestende kragte. Die gedig bestaan uit 'n gesprek tussen vier feë ("faeries") wat die vier natuurelemente verteenwoordig. Aangesien die gesprek handel oor die bymekaarkom en uitmekaargaan van die elemente, gebruik die artikel Empedocles se vier-elementteorie as raamwerk vir interpretasie. Die artikel ondersoek deur middel van teksanalise die mate waartoe die vorm en inhoud van die gedig die natuurlike kreatiewe en verwoestende kragte reflekteer. Empedocles noem dié twee kragte "philia" (die skeppende krag) en "neikos" (die verwoestende, ontbindende krag). Die artikel kom tot die slotsom dat sowel "philia" as "neikos" in vorm en inhoud aanwesig is, maar dat "philia" veral in die vorm en "neikos" in die inhoud figureer. Verder is die natuurlike veranderings wat in die gedig voorgestel word, sigbaar in die vorm van die gedig, voordat dit in die inhoud blyk.

Loading

Article metrics loading...

/content/literat/28/1/EJC61949
2007-04-01
2016-12-06
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error