1887

n Literator : Journal of Literary Criticism, Comparative Linguistics and Literary Studies - Om (somtyds) lig en aandagtig te reis : mistici in drie romans van Lettie Viljoen / Ingrid Winterbach : navorsingsartikel

USD

 

Abstract

Deur middel van verwysings na mistici, skep die outeur Lettie Viljoen / Ingrid Winterbach 'n raamwerk waarteen karakters wat mistieke neigings openbaar - soos Fonny Alexander en Boetie Kareltjie ("Buller se plan") en die meester ("Landskap met vroue en slang") - vergelyk kan word. Hierdie raamwerk aktiveer 'n aantal kwessies : die plek van vroue binne 'n godsdienstig-kulturele stelsel en die mag wat hulle binne sodanige stelsel kan uitoefen deur hulle tot mistisisme te wend, hulle betrokkenheid by bestaande gesagstelsels en die moontlike uitoefening van mag deur uit sodanige stelsels te onttrek, die tradisionele opposisie tussen liggaamlikheid en spirituele reinheid en ook die kwessie van martelaarskap. Teen hierdie agtergrond word Fonny se vernietiging van haar eie identiteit in 'n poging om trauma te verwerk, gekontrasteer met die meester se benadering, waarin verandering ervaar en aanvaar word en daar pogings is om daaruit te leer. Uiteindelik word geargumenteer dat daar 'n poging is om 'n tipe mistisisme te verwerp wat voorgee dat dit mag aan die navolgers daarvan bied terwyl dit hulle eintlik ontmagtig.


By means of references to mystics, the author Lettie Viljoen / Ingrid Winterbach creates a framework within which characters who exhibit mystic tendencies - namely Fonny Alexander and Boetie Kareltjie ("Buller se plan") and the master ("Landskap met vroue en slang") - can be compared. This matrix activates a number of issues : the place of women within a religious-cultural system and the power they wield within such a system by resorting to mysticism, engagement with existing systems of authority and the possibility of exerting power by withdrawing from such systems, the traditional opposition between physicality and spiritual purity, and the issue of martyrdom. Against this backdrop Fonny's obliteration of her own identity in an attempt to cope with trauma is contrasted with the master's approach of experiencing and accepting change and attempting to learn from it. Ultimately it is argued that there is an attempt to reject a type of mysticism that pretends to offer power to its proponents while actually disempowering them.

Loading

Article metrics loading...

/content/literat/29/2/EJC62029
2008-08-01
2016-12-07
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error