1887

n Literator : Journal of Literary Criticism, Comparative Linguistics and Literary Studies - Op loop met 'n lyn : T.T. Cloete se "toepassings van dante" ikonies en intertekstueel gelees

USD

 

Abstract

Die gedigte in die siklus "toepassings van dante" in die bundel "Idiolek" van T.T. Cloete vertoon sterk ikoniese eienskappe maar betrek ook 'n wyer verwysingsveld. In hierdie artikel word die siklus bespreek deur aandag te gee aan ikonisiteit, referensialiteit, selfreferensialiteit en representasie sowel as aan die wyer intertekstuele raamwerke waarbinne die gedigte gelees kan word. Afgesien van die implikasies van Dante se "Paradiso" en die hoofse kultuur vir die betekenis van die gedigte, lei die sterk visuele en vormlike bewustheid in die siklus daartoe dat dit gelees kan word saam met die kunsteoretiese sienings van Paul Klee en Bachelard se beskouings oor die betekenis van ruimtelike vorms en veral rondheid. Die deurlopende temas in die siklus word aangetoon, maar ook die ontwikkeling in die gedagtegang wat in die siklus as geheel na vore kom. Lyn, beweging en vorm word ikonies sowel as tematies ontgin as dinamiese skeppingsbeginsels en uiteindelik maak die verse 'n stelling oor skoonheid en funksionaliteit as skynbaar opposisionele kragte. Die artikel probeer illustreer dat in die ontleding en interpretasie van die meervoudige betekenispotensiaal van die gedigte die basiese referensiële en ikoniese eienskappe van taal en van die teks nie buite rekening gelaat kan word nie.


The cycle of poems in T.T. Cloete's "toepassings van dante" ("applications of dante") has iconic characteristics but also resonates within wider intertextual and cultural spheres. The interpretation of the poems presented in this article attempts to incorporate textual aspects such as iconicity, referentiality, self-referentiality and representation as well as the intertextual and cultural meanings generated by the texts. The poems refer directly to Dante's "Paradiso", activating the codes of chivalry which informed medieval poetry, but the strong visual nature of the poems also leads the reader to Paul Klee's esthetic and visual principles and Bachelard's views on form and space. The coherence as well as the development of themes are discussed. Line, movement and form are depicted as dynamic aspects of creativity but ultimately the paradoxical relation between beauty and functionality is thematised. Nevertheless, it is emphasised that even in the interpretation of the multi-layered meanings of the texts, the referential nature of language and the iconic nature of the text are basic and therefore essential aspects of the generation of meaning.

Loading

Article metrics loading...

/content/literat/29/3/EJC62049
2008-12-01
2016-12-05
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error