1887

n Literator : Journal of Literary Criticism, Comparative Linguistics and Literary Studies - Vyf digters in gesprek met Joshua en Ian Marley se kreatiewe kreature

USD

 

Abstract

Hierdie artikel ontleed die reaksies van vyf digters op die kreatiewe kreature van Joshua en Ian Marley. Die ooreenkomste en verskille in die digters se keuse van stimuli, die wyse waarop hulle die diere morfologies naboots, die patrone, name, gehele en skrippe waarop hulle 'n beroep doen om die kreature te verstaan (en te besweer) en die unieke reaksies van die digters word agtereenvolgens ontleed. Die digters is kreatief in die maniere waarop hulle patrone herken en die diere probeer inpas in bekende raamwerke van gehele, name en ook storiekerns (skrippe). Andersyds bevat die gedigte egter ook sterk maniere waarop die digters die diere probeer besweer of minder bedreigend probeer maak. Aan die einde word 'n paar gevolgtrekkings oor kreatiwiteit geformuleer, naamlik dat kreatiwiteit hier 'n mengsel is van ikonisering, patroonherkenning (die oproep van bekende rame, skrippe en argiewe), en benoeming en ontnoeming (pogings om die diere vindingryk te verbaliseer). 'n Spanning tussen kreatiwiteit en gemaaktheid kom aan die lig indien 'n mens die gedigte lees teen die agtergrond van Horatius se eis om dekorum.


This article analyses the reactions of five poets to Joshua and Ian Marley's creative creatures. Similarities and differences in the stimuli the poets react to, the ways in which they imitate the creatures morphologically, the patterns, names, Gestalts, scripts and archives they use to understand the creatures as well as their unique reactions are analysed. The poets are creative in the patterns they recognise and the ways in which they try to fit the creatures into known frames, wholes, names and scripts. The poems, however, also demonstrate strong techniques for containing these creatures and making them less threatening. In the end a few conclusions on creativity in these cases are formulated, namely that creativity is a mixture of iconising, pattern recognition (recalling familiar frames, scripts and archives) and naming and unnaming (efforts to describe the creatures wittily). A tension between creativity and making comes to light when one reads the poems against the back-ground of Horatius' norm of decorum.

Loading

Article metrics loading...

/content/literat/30/1/EJC62065
2009-04-01
2016-12-03
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error