- Home
- A-Z Publications
- Literator : Journal of Literary Criticism, Comparative Linguistics and Literary Studies
- Previous Issues
- Volume 30, Issue 2, 2009
Literator : Journal of Literary Criticism, Comparative Linguistics and Literary Studies - Volume 30, Issue 2, August 2009
Volumes & issues
Volume 30, Issue 2, August 2009
-
'n Verslag oor die vertaling van dertien Jacques Brel-chansons in Afrikaans : navorsingsartikel
Authors: B. Odendaal and N. MorganSource: Literator : Journal of Literary Criticism, Comparative Linguistics and Literary Studies 30, pp 1 –26 (2009)More LessDie skrywers van hierdie artikel is ook die Afrikaans-vertalers van die dertien Jacques Brel-chansons wat ter sprake kom. 'n Bondige omskrywing van die genre van die Franse chanson en 'n aanstipping van Brel se statuur as twintigste-eeuse chansonnier word gevolg deur agtergrondinligting oor en 'n beskrywing van die gevolgde vertaalproses. Omdat literêre gehalte 'n besondere kenmerk van chansonlirieke blyk te wees, word 'n aantal paragrawe gewy aan 'n bespreking van die digterlike aard van die betrokke liedere.
A report on the translation of thirteen Jacques Brel chansons into Afrikaans
The authors of this article also translated the thirteen Jacques Brel chansons in question into Afrikaans. A brief explanation of the generic nature of the French chanson and an evaluation of Brel's stature as a twentieth-century chanson writer are followed by background details and a description of the translation process involved. Since literary quality is a particular characteristic of chanson lyrics, several paragraphs are dedicated to a discussion of the poetic nature of Brel's songs.
-
Enriched and empowered : nature's influence on the psyche in two Afrikaans youth novels : research article
Author S. MeyerSource: Literator : Journal of Literary Criticism, Comparative Linguistics and Literary Studies 30, pp 27 –47 (2009)More LessIn this article two Afrikaans youth novels are analysed in order to determine to what extent nature and elements of the natural environment can influence a child's experience and view of life. In "Gamkab" (Betsie van Niekerk) and "Om 'n kierie te keer" (Pieter Pieterse) their natural surroundings expose the characters to challenges and adventures which form a context in which their ways of thinking are challenged and stimulated. This develops their ability to make decisions and solve problems, thereby broadening their life experience and developing their life skills. Theories on reader identification are used to argue that stories like these have the potential to expand and develop reader consciousness. These novels are of importance to the South African child of today, because they introduce various contemporary issues, such as entrepreneurship, social responsibility and multicultural interaction. In identifying with the characters, the reader is confronted with pertinent topics such as peer pressure, teenage insecurities and fears, and problematic family relationships. From the analysis of the novels, which focuses on the enriching and reinforcing contribution of nature, it is apparent that through nature's challenges the characters are empowered to overcome their problems and improve their personal circumstances. This foreshadows the potential empowerment of the reader.
Verryk en bemagtig : die invloed van die natuur op die gees en denke in twee Afrikaanse jeugromans
Hierdie artikel ondersoek twee Afrikaanse jeugromans met die doel om vas te stel watter rol die natuur en elemente van die natuurlike omgewing kan speel in die verruiming van die kind se lewenservaring en -uitkyk. In "Gamkab" (Betsie van Niekerk) en "Om 'n kierie te keer" (Pieter Pieterse) bied die natuurlike omgewing uitdaging en avontuur aan die karakters, maar ook 'n uitdagende en stimulerende konteks vir ontwikkeling op die vlakke van denke, besluitneming en probleemoplossing, vir die wysiging en verbreding van karakters se denkwyse en lewensinsig, en vir die inskerp van praktiese lewensbeginsels en -vaardighede. Teorie oor leseridentifisering word betrek om te argumenteer dat verhale soos hierdie die potensiaal het om ook die lesersbewussyn te verruim. Hierdie verhale is van aktuele belang vir die Suid-Afrikaanse kind van vandag, aangesien die jong leser bekendgestel word aan beginsels soos entrepeneurskap, sosiale verantwoordelikheid en multikulturele interaksie. Die leser word, via die proses van identifisering met die verhaalkarakters, gekonfronteer met algemeen relevante kwessies soos groepsdruk, tienervrese en problematiese gesinsverhoudings. Uit die verhaalanalise, met die fokus op die invloed van die natuur op 'n verrykte denk- en ervaringswêreld, blyk ook die bemagtiging van die karakters om probleme te oorkom en hulle lewensomstandighede te verbeter. Die potensiële bemagtiging van die leser word hiermee geïmpliseer.
-
Metaphors of pain : the use of metaphors in trauma narrative with reference to Fugitive pieces : research article
Author J. AnkerSource: Literator : Journal of Literary Criticism, Comparative Linguistics and Literary Studies 30, pp 49 –68 (2009)More LessThis article is a contribution to the recent interdisciplinary discourse between psychoanalysis, trauma theory and narrative by discussing the traumatic experiences of characters in the novel "Fugitive pieces" by Anne Michaels, with a specific focus on the metaphorical style of this novel.
The article addresses the role of metaphor in the memory of trauma while comparing the relation between trauma, narrative and memory with reference to the work of Cathy Caruth, Van der Kolk and Margaret Wilkinson. Recent neurobiological research in the working of the brain during trauma and the insights of Borbelly in the role of metaphor during therapy are discussed.
Insights of Lacan, Modell and Laplanche are integrated with those of psychologists like Knox, Borbelly and Van der Hart to counter arguments against the criticism brought against some of the metaphorical themes in "Fugitive pieces".
Metaphor is seen as one possible way of saying the inexpressible and the progression in the use of metaphor by patient and character alike is seen as one of the signs of healing from trauma.Metafore van pyn : die gebruik van metafore in die narratief van trauma met verwysing na Fugitive pieces
Hierdie artikel is 'n bydrae tot die resente interdissiplinêre diskoers tussen die sielkunde, traumateorie en die letterkunde. Die roman, "Fugitive pieces" deur Anne Michaels, word bespreek met spesifieke verwysing na die gebruik van metafore om onder andere die belewing van trauma uit te beeld.
Die rol van die metafoor in die traumatiese geheue en die verband tussen trauma, die narratief en die herinnerings van die persoon betrokke word bespreek met verwysing na die teorie daaroor deur Cathy Caruth, Van der Kolk, Margaret Wilkinson en andere. Resente insigte van neurobiologiese navorsing oor die werking van die brein gedurende trauma en die insigte van Borbelly oor die rol van die metafoor in die traumatiese geheue word betrek.
Die metafoor word gesien as een van die wyses waarop die aanvanklik onverwoordbare traumatiese ervaring wel oorgedra kan word in die narratief van trauma.
-
Living with grace on the earth : the poetic voice in Antjie Krog's A change of tongue : research article
Author A. PolatinskySource: Literator : Journal of Literary Criticism, Comparative Linguistics and Literary Studies 30, pp 69 –88 (2009)More Less"A change of tongue", Antjie Krog's second creative non-fiction, articulates experiences of the postapartheid quotidian in two tongues : that of the journalist and that of the poet. This article examines Krog's various instantiations of the poetic voice, and argues that the site of the body is crucial to Krog's understanding of how languages and landscapes are translated into human experiences of belonging, alienation and self-expression. The voice that is inspired by, and best conjures these acts of somatic translation is the poetic voice, Krog suggests. The article argues that Krog endows the poetic tongue with particular capacities for synaesthetic perception and for modes of imagining that surrender many of the limitations we ascribe to other registers and grammars. Despite the profusion of challenges and setbacks expressed by the evidence-oriented journalist, the three poetic strands in the text, which are identified and explored in this article, provide a space of meditation and of refreshed language in which processes of hopeful revivification can occur.
Om die aarde met welwillendheid te bewoon : die digterstem in Antjie Krog se A change of tongue
"A change of tongue", Antjie Krog se tweede nie-fiksiewerk in Engels, verwoord alledaagse postapartheidservarings in twee perspektiewe, naamlik dié van die joernalis en dié van die digter. Hierdie artikel ondersoek gebruiksvoorbeelde van die digterstem in hierdie teks en voer aan dat die terrein van die liggaam bepalend is vir Krog se begrip van die wyse waarop tale en landskappe in menslike ervarings van geborgenheid, vervreemding en selfuitdrukking vertaal word. In die teks suggereer Krog dat dit die digterstem is wat sulke dade van somatiese vertaling ten beste inspireer, en wederkerig hierdeur geïnspireer word. In hierdie artikel word betoog dat Krog aan die digterlike tongval bepaalde vermoëns vir sinestetiese waarneming sowel as verbeeldingsvorme toeskryf wat baie van die beperkings wat ons met ander registers assosieer, oorkom. Ten spyte van die talle uitdagings en terugslae wat die bewys-gedrewe joernalis voorhou, skep die drie digterlike lyne in die teks 'n ruimte vir meditasie en verkwikte taalgebruik waarin bemoedigende hergeboorteprosesse voltrek kan word.
-
The role of the nameless in isiXhosa ntsomi : research article
Author B.B. MkontoSource: Literator : Journal of Literary Criticism, Comparative Linguistics and Literary Studies 30, pp 89 –106 (2009)More LessThis article looks into the custom of not giving names to pivotal characters in some selected Xhosa tales. Given that the word "tales" means different things to different people, it is used in this article to refer to both fables (stories which deal with animals only) and folktales (stories dealing with both animals and humans). The unnaming practice is not uncommon in all types of tales and is applied to both males and females, young and old, as well as to strange mysterious beings. The motive for unnaming is analysed and its functions are alluded to. References to popular generic names of animals found in Xhosa tales are made for the sake of clarifying the need for naming, though these are not the subject of discussion here. It is therefore most fitting to use onomastics as the theoretical framework of this article in order to capture convincing patterns of the unnaming system and the creation of faceless characters in indigenous Xhosa tales.
Die rol van die naamlose in isiXhosa-ntsomi's
Hierdie artikel ondersoek die gebruik om sentrale karakters in bepaalde Xhosa-verhale naamloos te laat bly. Aangesien die woord "verhale" verskillende interpretasies kan hê, word dit in hierdie artikel gedefinieer as 'n term wat verwys na fabels (stories wat slegs op diere betrekking het) sowel as volksverhale (stories wat op diere én mense betrekking het). Die praktyk van nie-naamgewing is nie ongewoon by enige tipe verhaal nie en is van toepassing op manlike én vroulike karakters, jonk en oud, sowel as op vreemde, misterieuse wesens. Die motivering vir nie-naamgewing word ondersoek en die funksies daarvan geïdentifiseer. Verwysings na algemene generiese benamings vir diere wat in Xhosaverhale aangetref word, dien hier slegs om die behoefte aan benoeming te verduidelik, hoewel dit nie die fokus van hierdie artikel is nie. Dit is dus heel gepas om die onomastiek as teoretiese raamwerk vir hierdie artikel te gebruik ten einde oortuigende patrone in die sisteem van nie-naamgewing en die skep van gesiglose karakters in inheemse Xhosaverhale vas te vang.
-
Daring to disturb the universe : Heidegger's authenticity and The love song of J. Alfred Prufrock : research article
Author D. GriffithsSource: Literator : Journal of Literary Criticism, Comparative Linguistics and Literary Studies 30, pp 107 –126 (2009)More LessIn Heidegger's "Being and time" certain concepts are discussed which are central to the ontological constitution of "Dasein". This article demonstrates the interesting way in which some of these concepts can be used in a reading of T.S. Eliot's "The love song of J. Alfred Prufrock". A comparative analysis is performed, explicating the relevant Heideggerian terms and then relating them to Eliot's poem. In this way strong parallels are revealed between the two men's respective thoughts and distinct modernist sensibilities. Prufrock, the protagonist of the poem, and the world he inhabits illustrate poetically concepts such as authenticity, inauthenticity, the "they", idle talk and angst, which Heidegger develops in "Being and time".
Die heelal durf versteur : outentisiteit by Heidegger en in The love song of J. Alfred Prufrock
In "Being and time" bespreek Heidegger sekere konsepte wat sentraal staan tot die ontwikkeling van sy idees rondom "Dasein". Hierdie artikel ontleed die ontheemde manier waarop sommige van hierdie konsepte gebruik kan word in 'n interpretasie van T.S. Eliot se werk "The love song of J. Alfred Prufrock". In 'n vergelykende studie word die betrokke Heideggeriaanse terme eers uiteengesit en daarna in verband gebring met Eliot se gedig. Op hierdie wyse word sterk parallelle getrek tussen Heidegger en Eliot se denke en bepaalde modernistiese kwessies. Prufrock, die protagonis van die gedig, en die wêreld wat hy bewoon bied 'n illustrasie van konsepte soos outentisiteit, inoutentisiteit, die "hulle" ("they" of "das Man"), ydele geklets en angs, wat Heidegger in "Being and time" ontwikkel.
-
Some aspects of gender inequality in selected African literary texts : research article
Author L.L. KwatshaSource: Literator : Journal of Literary Criticism, Comparative Linguistics and Literary Studies 30, pp 127 –156 (2009)More LessThis article focuses on gender inequalities in selected African literary texts. I explore the way in which some African writers view gender inequalities and stereotypes in their characters. We will also be able to see who is involved and affected by these gender inequalities and how. Gender theory will be used as a framework. The aspects of gender that are discussed, include gender stereotypes, gender roles, gender identity, the superiority of men, inequality in polygamous marriages, sex roles, the sexual division of labour and arranged marriage. This study will also include the views of writers from other part of Africa. These views have a lot in common but sometimes they vary because of the influence and different ideologies of the society concerned.
Aspekte van geslagsongelykheid in geselekteerde literêre werke uit Afrika
Hierdie artikel fokus op geslagsongelykhede in geselekteerde literêre werke uit Afrika. Ek ondersoek die wyse waarop sommige skrywers van Afrika geslagsongelykhede en stereotipes in hulle karakters sien. Ook sal gesien kan word wie betrokke is en wie deur hierdie ongelykhede geraak word en hoedanig. Geslagsteorie sal as 'n raamwerk gebruik word. Die aspekte van geslagrolle wat bespreek word, sluit in geslagstereotipes, geslagsrolle, -identiteit, die superioriteit van mans, ongelykheid in poligame huwelike, die verdeling van arbeid gebaseer op geslag en gereëlde huwelike. Die artikel sluit ook die menings van skrywers van ander dele van Afrika in. Dit is opmerklik dat hulle sienings sterk ooreenkom, maar soms verskil as gevolg van die invloed en die verskillende ideologieë van die betrokke gemeenskap.
-
Verganklikheid en tyd besweer
Vlamsalmander, Hennie Aucamp : resensieAuthor Heilna Du PlooySource: Literator : Journal of Literary Criticism, Comparative Linguistics and Literary Studies 30, pp 159 –162 (2009)More LessVlamsalmander is Hennie Aucamp se derde digbundel en volg op Hittegolf (2002) en Dryfhout (2005). Aucamp is bekend vir die hoogstaande vakmanskap in al sy skryfwerk sowel as vir sy literêre en kulturele belesenheid wat aan hom 'n wye en gesofistikeerde verwysingsveld besorg. Soos in die twee vorige bundels, is hierdie eienskappe weereens duidelik merkbaar in Vlamsalmander.
-
Swewende onbepaaldheid op die grense van die bestaan
Van roes en amarant, Pirow Bekker : resensieAuthor B.J. OdendaalSource: Literator : Journal of Literary Criticism, Comparative Linguistics and Literary Studies 30, pp 162 –165 (2009)More LessDie titel van hierdie sewende digbundel deur Pirow Bekker sit vol vervlegte teenstellings. Roes roep iets verterends in gedagte en dui op verganklikheid. Dit het egter ook 'n betekenispool wat met opwinding en lewensgenieting te doen het. 'n Amarant is 'n blomsoort, en die donkerrooi kleur daarvan word ook amarant genoem. Tussen die amarantkleur en roesrooi is daar nie 'n alte groot verskil nie, soos die omslagontwerp van die bundel al getuig. In digterlike verband dui amarant egter ook op 'n onverwelklike blom, is dit sinnebeeldig van onsterflikheid. Bekker het nie verniet 'n proefskrif geskryf oor die titel in die poësie nie!
-
Compassion and compromise
Love, Hades & other animals, Wendy Woodward : reviewAuthor Nicholas MeihuizenSource: Literator : Journal of Literary Criticism, Comparative Linguistics and Literary Studies 30, pp 165 –167 (2009)More LessThe title of the volume reflects the three parts of the book. The first, "Love", is to do with remembered people, places, objects and stories. At times, though, there is a sense of the pointlessness of reconstitutive memory, a sense of the past escaping our attempts to recapture it ("Object relations", p. 15). There are also touches of whimsy, as in "The small Brazilian poet of my dreams" (p. 12-13), the Brazilian poet being a type of antagonist against whom Woodward can in a slightly humorous way define herself and her values. Eastern philosophy ("Going against the Tao", p. 16) and meditation ("Winter-night meditation, Dharamsala, India", p. 14) also find a place in this section, in relation to responses to mourning and past grief.
-
Koos Prinsloo - postmodernis en queer skrywer?
Aantekeninge by Koos Prinsloo, Gerrit Olivier : resensieAuthor Marius CrousSource: Literator : Journal of Literary Criticism, Comparative Linguistics and Literary Studies 30, pp 167 –169 (2009)More LessKoos Prinsloo het in 1982 gedebuteer met die bundel Jonkmanskas en nou, 26 jaar later, verskyn Gerrit Olivier se "aantekeninge" oor sy werk. Nie net tree Olivier krities in gesprek met bestaande studies oor Prinsloo se werk, soos byvoorbeeld dié van Riana Scheepers, nie, maar hy verwys ook uitgebreid na bestaande artikels oor Prinsloo se werk en resensies wat oor sy viertal kortverhaalbundels geskryf is. Die teks word ook voorsien van uitgebreide voetnote en 'n omvattende bibliografie vir diegene wat verder navorsing wil doen oor Prinsloo se werk - wat, myns insiens, nie meer so dikwels gelees word soos destyds die geval was nie.
-
Versindaba
Versindaba 2008, Marlise Joubert (Ed.) : resensieAuthor T.T. CloeteSource: Literator : Journal of Literary Criticism, Comparative Linguistics and Literary Studies 30, pp 169 –171 (2009)More LessVersindaba 2008 bevat die gedigte wat deur 25 skrywers voorgedra is op 2008 se Versindaba wat in Stellenbosch gehou is. Hierdie Versindaba het 'n gereelde instelling geword en staan onder beskerming van Protea Boekhuis. Dit is 'n lofwaardige onderneming van hierdie uitgewer wat in die afgelope jare 'n baie simpatieke ingesteldheid teenoor die Afrikaanse digkuns geopenbaar het. Protea Boekhuis het die uitgewer geword wat die toeganklikste is vir digters, ook beginners, en wat bereid is om poësiepublikasies te waag in 'n gemeenskap wat sogenaamd nie in die digkuns geïnteresseerd is nie. Die groot aantal minder of meer bekende digters wat tot hierdie bundel bygedra het, vertel in elk geval die interessante verhaal van hoe lewendig die digkuns self in die relatief klein Afrikaans-sprekende gemeenskap is.
-
Van heidebos en Skepper
Van heidebos en Skepper : 'n keur uit die werk van R.K. Belcher, Abraham H. De Vries (Ed.) : resensieAuthor C. Barkhuizen le RouxSource: Literator : Journal of Literary Criticism, Comparative Linguistics and Literary Studies 30, pp 171 –175 (2009)More LessOm 'n verteenwoordigende keur en keuse te maak uit 'n oeuvre wat oor amper vyftig jaar strek, is nogal heelwat gevra. Veral as dit, soos in die geval met R.K. Belcher, 'n oeuvre is wat oor die jare ingrypend van karakter verander het.
-
Vir die duiwel woonplek gee in die huis
Braakland van die bose, H.S. Van Blerk : resensieAuthor Marius CrousSource: Literator : Journal of Literary Criticism, Comparative Linguistics and Literary Studies 30, pp 175 –177 (2009)More LessHierdie roman van die 91-jarige H.S. van Blerk handel oor die jong Naas Ferreira wat, nadat sy ouers op die trekpad oorlede is, by sy familie in die Noorde op die plaas Doornrug moet gaan bly. Van die begin af is dit duidelik dat oom Dolf en tannie Maria nie van dié boggelrugkind in hulle midde hou nie, maar weens familiebande verplig voel om na hom om te sien. Voorts is daar ook die jong Cornelia, die familie op die buurplaas en Mtwetwe, "die maer ou inyanga met die hanglip en die slangogies" (p. 192). Naas hierdie gewone name is daar ook karakters in die roman met opvallend vreemde name soos Barkus Hoon en oom Staag Lemier.
-
Diaspora en aktualiteit in drama
Kaburu, Deon Opperman : resensieAuthor Johan CoetserSource: Literator : Journal of Literary Criticism, Comparative Linguistics and Literary Studies 30, pp 177 –179 (2009)More LessDie handelinge in Opperman se drama en die emosies wat daarmee gepaard gaan, sal aan minstens 'n paar persone in die gehoor, of 'n paar lesers, bekend wees. Naas die voorstelling van die wel en weë van 'n wit Afrikaanse gesin, is die drama 'n kommentaar op die identiteits-, arbeids-, sosiale en ander ruimtes wat die gesin in hedendaagse Suid-Afrika beset.
-
Fourie bevraagteken skeefgetrekte waardes rondom ewige jeugdigheid
Jasmyn, Pieter Fourie : resensieAuthor J.A. KrugerSource: Literator : Journal of Literary Criticism, Comparative Linguistics and Literary Studies 30, pp 179 –181 (2009)More LessPieter Fourie is reeds vir meer as 40 jaar werksaam in die teater en word gereken as 'n gevestigde dramaturg van veral volksdramas. Sy werk is bekroon met verskeie pryse wat onder meer die Hertzogprys vir drama, die SAKRUK-prys, sowel as die Dawie Malan-prys vir beste nuwe inheemse werk insluit.
-
Fabelagtige verhaal
Die verhaal van 'n vrou, 'n leeu en 'n hoenderhen, J.M. Gilfillan : resensieAuthor Salomi LouwSource: Literator : Journal of Literary Criticism, Comparative Linguistics and Literary Studies 30, pp 182 –184 (2009)More LessDit is nie net fabels en mites wat in hierdie "verhaal" 'n neerslag vind nie, maar die verhaal self word 'n fabel van die engelagtige Engela wat graag mites aan haar beminde oorvertel en hulle selfs ontleed, sodat die toepassing daarvan 'n net van betekenis gooi oor al die onderafdelings; dit terwyl sy meestal besig is met innoverende kookwerk, kos en die kombuis van die gastehuis wat sy bedryf.
-
Lanoye se donker humor
'n Slagterseun met 'n brilletjie, Tom Lanoye : resensieAuthor Marius CrousSource: Literator : Journal of Literary Criticism, Comparative Linguistics and Literary Studies 30, pp 184 –185 (2009)More LessIn hierdie keur uit die werk van Tom Lanoye word die leser bekendgestel aan die skrywer se eiesoortige swart humor, sy sin vir die absurde en die makabere in die samelewing. In sy vertaling slaag Hugo beslis daarin om die nuanses van Lanoye se skryfwerk in Afrikaans oor te dra.
-
Die geheime lewe van Anne Frank
Die Agterhuis : dagboekbriewe 12 Junie 1942 - 1 Augustus 1944, Anne Frank : resensieAuthor Thys HumanSource: Literator : Journal of Literary Criticism, Comparative Linguistics and Literary Studies 30, pp 186 –188 (2009)More LessByna 65 jaar na haar voortydige dood in Bergen-Belsen, gryp die lewe van Annelies Marie Frank (beter bekend as Anne Frank) steeds wêreldwyd die verbeelding van skrywers en lesers aan. Die eerste uitgawe van die dagboekbriewe wat Anne vanaf 1942 tot 1944 as onderduiker in die agterste gedeelte van die huis aan die Prinsengracht 263 in Amsterdam gehou het, is in 1947 gepubliseer. Sedertdien is daar soveel geskryf oor haar en haar dagboek (gepubliseer onder die titel Het Achterhuis), dat dit heeltemal moontlik is om 'n besliste mening oor Anne Frank te hê, sonder dat jy 'n enkele woord van haar dagboekbriewe self gelees het. Cynthia Ozick beweer byvoorbeeld dat die verhaal van Anne Frank sedert die publikasie van die dagboek "verdraai, verander, beswadder, verklein, kinderagtig gemaak, veramerikaniseer, versentimentaliseer, verkitsch en op blatante wyse ontken is".
-
Hambidge het 'n (Victoriaanse) hart
Kladboek : 'n hibridiese roman, Joan Hambidge : resensieAuthor Phil Van SchalkwykSource: Literator : Journal of Literary Criticism, Comparative Linguistics and Literary Studies 30, pp 188 –191 (2009)More LessEn só Victoriaans hartgebroke en op sigself aangewese (ten spyte van die besinnings oor die web van woorde en die internet, verhoudings, dieptepsigologiese en telepatiese verbindings) is Die Skrywer uiteindelik ook in Kladboek.