1887

n Literator : Journal of Literary Criticism, Comparative Linguistics and Literary Studies - Leroux-biografie wys twyfel én grootste verbeeldingsvlugte
Leroux : 'n lewe, J.C. Kannemeyer : resensie

USD

 

Abstract

Stephen le Roux, oftewel Etienne Leroux is 'n byna magiese figuur in die Afrikaanse letterkunde, wat onder andere weens sy idiosinkratiese voorkoms - steeds in donkerbril en swart geklee - in 'n aura van misterie gehul was. Ook die mitiese en by tye selfs mistieke aard van sy werk waarvan die simboliek nie algemeen verstaanbaar was vir Afrikaanse lesers van sy tyd nie, het hom as "duister" en selfs 'n okkulte skrywer gebrandmerk. Wie onthou nie oom Koot Vorster se berugte vuilspuit-uitspraak en die beswaarde briewe in koerante oor Leroux en sy mede-sestigers se werk nie? Die onbedoelde gevolg van hierdie uitsprake was stellig dat Leroux se boeke destyds deur baie gekoop is, slegs in die hoop dat dit iets opwindends sou oplewer, iets buite die dood, droogtes en sprinkaanplae wat die Afrikaanse letterkunde destyds nog swaar geteister het. Die tyd is inderdaad nou ryp vir 'n omvattende biografie waarin hierdie skrywer se lewe en die opwindende tydperk waarin hy geskryf het, behoorlik gedokumenteer word.

Loading

Article metrics loading...

/content/literat/30/2/EJC62071
2009-08-01
2016-12-03
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error