1887

n Literator : Journal of Literary Criticism, Comparative Linguistics and Literary Studies - Uitbeelding van skuld en boetedoening deur die gebruik van terugkerende kodes in (John Miles)

USD

 

Abstract

Die roman "Die buiteveld" (2003) deur John Miles is 'n vreemde roman. Die hoofkarakter is 'n enigma en van die begin af wonder die leser wie hy is en wat die waarheid is. Die doel van hierdie artikel is om te bepaal hoe terugkerende kodes gebruik word om die tema van skuld en boetedoening in die roman uit te beeld. Hieruit blyk hoedat spanning geleidelik oplaai deur die herhalende gebruik van sekere kodes. Vir die grootste deel van die verhaal is die leser onbewus van die hoofkarakter se ware identiteit en dit skep spanning. Skuld en boetedoening word deur verskillende terugkerende kodes uitgebeeld. Skuldpale, Goya-skilderye, verwysings na oorlog, foto's, 'n gevaarlike knipmes en fisiese letsels kom herhaaldelik voor. Deur die vrou, Isabel, word die hoofkarakter algaande gelei tot skulderkenning en boetedoening. Soos die geval is met die lae van die Goya-portret van Isabel word geleidelik meer van sy verlede geopenbaar. Skulderkenning en boetedoening lei uiteindelik daartoe dat die hoofkarakter kan terugkeer na sy vaderland en kan uitsien na 'n nuwe lewe aldaar saam met sy geliefde Isabel. Die leser is dus nie net 'n verbruiker nie, maar ook 'n vervaardiger van die teks.


The novel "Die Buiteveld" by John Miles is an unusual novel. The main character is an enigma as from the start the reader has doubts about him and is in doubt of the truth. The aim of this article is to determine how recurring codes are used to express guilt and remorse. The analysis shows how suspense gradually increases through the repetitive use of certain codes. Through most of the story the reader is in doubt about the true identity of the main character and in this way further suspense is created. Guilt and admission of guilt are suggested by the repetion of different codes. The reader remains ignorant of the true identity of the main character until the end of the story. This causes suspense. Guilt and reconciliation are intensified by recurring codes. These codes are pillories, paintings by Goya, references to different wars, photos, physical scars and a knife. Through the woman Isabel the main character is guided to disclose his past gradually. As the case in the layers of the Goya portrait more and more of his past is gradually disclosed. His admission of guilt leads to the possibility of returning to his home country and of living a new life there with his beloved Isabel. The reader becomes not only a consumer but also a producer of the text.

Loading

Article metrics loading...

/content/literat/30/3/EJC62109
2009-12-01
2016-12-07
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error