
Full text loading...
Hierdie artikel onderneem 'n semiotiese ondersoek na die identifikasie van die self spesifiek in die Suid-Afrikaanse modernisme deur 'n verwerking van Georg Büchner se "Woyzeck" as vertrekpunt te neem. William Kentridge se produksie van "Woyzeck on the Highveld" (opgevoer in 1992 en in 2009) verteenwoordig ten minste drie raakpunte tussen modernistiese en moderniserende diskoerse. Eerstens is die toneelstuk se hoofbron Georg Büchner se protomodernistiese teks waarin 'n Deur die toneelpoppe van Handspring Puppet Company as sentrale karakters te gebruik, word tweedens 'n styl na vore gebring wat verskeie elemente van die modernistiese estetika oproep, naamlik die objektivering van subjektiwiteit en die meganisering van die subjek. Deur Büchner se Duitse soldaat te rekontekstualiseer as 'n Afrika-mynwerker, bring die toneelstuk derdens verskeie aspekte van modernisering na vore deur die botsing, verwarring en die gepaardgaande sinkretisme van plattelandse en stedelike kulture te ondersoek. Ten slotte word verwys na die mens se strewe om meer te wees as net 'n toneelpop, meer as 'n masjien, asook die moontlike gevolge wat die gefragmenteerde modernistiese self kan hê vir konsepte van menslike vryheid en identiteit.
The modern self as puppet in Woyzeck on the Highveld
Article metrics loading...