1887

n Literator : Journal of Literary Criticism, Comparative Linguistics and Literary Studies - Investigating the appropriateness of the theory of organisational knowledge creation as a management model for practice-led research : original research

USD

 

Abstract

This article explores ways in which current practice of conducting multipractitioner practice-led research projects in the creative disciplines (Graphic Design, History of Art and Creative Writing) at the North-West University, Potchefstroom Campus, may benefit from the application of a specific managerial theory which focuses on knowledge creation. To this end, the concepts propounded in the theory of organisational knowledge creation, as conceptualised by Nonaka and colleagues, are investigated and a number of compatible and complementary aspects shared by this theory and practice-led research are highlighted. Guiding this article was the argument that the conceptualisation of knowledge as a subjective and socially constructed phenomenon is central to both this theory and research mode. Furthermore, I argue that an integration of tacit and explicit knowledge provides for a holistic view of knowledge that would not be possible if one were to view knowledge in reductively scientific terms. Consequently, the transdisciplinary practice-based research project, is analysed in terms of the socialisation, externalisation, combination and internalisation (SECI) knowledge conversion modes, which are the driving force, facilitating the move from tacit to explicit knowledge by means of social interaction. The aim of the project was to create an exhibition of artists' books, which would form the beginning of a knowledge creation cycle. Forty artists were invited to create artists' books for exhibitions held in Stellenbosch, Potchefstroom and Johannesburg in 2010. Those artists involved were selected from various fields of arts as well as related fields. It is concluded that the utilisation of knowledge management in multipractitioner practice-led research projects such as this one, within the creative disciplines at the North-West University, Potchefstroom Campus, will facilitate a better understanding of knowledge management and will yield more effective knowledge creation in that both tacit and explicit knowledge is utilised optimally.


Hierdie artikel bied 'n ondersoek na die wyse waarop praktykgeleide navorsingsprojekte met veelvuldige deelnemende praktisyns in die skeppende dissiplines (Grafiese Ontwerp, Kunsgeskiedenis en Skryfkuns) soos dit tans onderneem word by die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus voordeel kan trek uit die toepassing van 'n spesifieke bestuursteorie wat gerig is op die skep van kennis. Om hierdie rede word ondersoek ingestel na die teorie van organisatoriese kennisskepping soos gekonseptualiseer deur Nonaka en sy kollegas. Die ondersoek is verder begaan daarmee om ooreenstemmende en gemene aspekte van praktykgeleide navorsing en die teorie van organisatoriese kennisskepping te identifiseer. Die argument wat in hierdie artikel aan die hand gedoen word, is dat die konseptualisering van kennis as 'n subjektiewe en sosiaal-gekonstrueerde fenomeen sentraal staan tot beide praktykgeleide navorsing en die teorie van organisatoriese kennisskepping. Verder word aangevoer dat die integrasie van ingebedde en eksplisiete kennis 'n holistiese beskouing van kennis moontlik maak, wat nie bereik sou kon word indien kennis in reduktiewe wetenskaplike terme beskou sou word nie. Voorts word die transdissiplinêre praktykgeleide navorsingsprojek, , ontleed in terme van die SECI kennisgesprekmodusse. Die SECI-model is die rigtinggewende dryfkrag wat die oorgang vanaf ingebedde na eksplisiete kennis bewerkstellig, spesifiek deur sosiale interaksie. Die doel van die -projek was om 'n uitstalling van kunstenaarsboeke van stapel te stuur - dit sou die beginpunt wees van 'n kennisproduksieproses. Veertig kunstenaars is genooi om kunstenaarsboeke te skep vir die uitstallings wat in 2010 gehou is te Stellenbosch, Potchefstroom en Johannesburg. Die betrokke kunstenaars is gekies uit verskeie kunste asook verwante velde. Daar word tot die slotsom gekom dat die gebruik van kennisbestuur in praktykgeleide navorsingsprojekte met veelvuldige deelnemende praktisyns soos hierdie een, binne die skeppende dissiplines by die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus 'n beter begrip van kennisbestuur moontlik sal maak, en daarom ook sal lei daartoe dat kennisskepping op meer doelmatige wyse plaasvind omdat beide eksplisiete en ingebedde kennis optimaal gebruik word.

Loading

Article metrics loading...

/content/literat/33/1/EJC127722
2012-01-01
2016-12-06
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error