1887

n Literator : Journal of Literary Criticism, Comparative Linguistics and Literary Studies - Walter van den Broeck se utopiese uitdaging aan die globale kapitalisme in : original research

USD

 

Abstract

Die sosialistiese simpatieë wat die skryfwerk van die Vlaamse outeur Walter van den Broeck onderlê, skakel hom met die goed ontwikkelde tradisie van sosiaal betrokke literatuur in Vlaandere. Sy roman , gepubliseer in 2009, is 'n herbesoek aan die Waldenprojek van die Nederlandse hervormer en skrywer Frederik van Eeden (1860-1932). Van den Broeck gee te kenne dat 'n heroorweging van die sosialistiese ideale wat Van Eeden besiel het om nedersettings in Nederland en die VSA op die been te bring, geregverdig is in die lig van die ekonomiese krisis wat in 2008 deur onbesonne kapitalistiese praktyke veroorsaak is. In ontketen Ruler Marsh, die rykste man in die wêreld, 'n globale finansiële krisis in weerwraak teen die kapitalistiese stelsel wat tot die ondergang van sy ouers gelei het. Marsh keer terug na die Kempen in Vlaandere, sy familie se land van herkoms. In 'n Heideggeriaanse bevestiging van die lokale, soos versinnebeeld deur die veldpad, skakel Van den Broeck sy visie van die gemene (die gedeelde oftewel ), 'n konsep wat teoretici soos Michael Hardt en Antonio Negri in hul Empire-trilogie vanuit die kommunistiese denke gerehabiliteer het, met 'n utopiese siening dat 'n stewiger band met die land en die mense uit die eie kontrei 'n nuttige vertrekpunt mag wees vir die ontwikkeling van lewensvatbare alternatiewe vir die kapitalisme.


The socialist sympathies that inform the writing of Flemish author Walter van den Broeck align him with a well-established tradition of socially engaged writing in Flanders. In his novel , published in 2009, he revisits the Walden project of the Dutch reformer and writer Frederik van Eeden (1860-1932). Van den Broeck suggests that a reconsideration of the socialist ideals that inspired Van Eeden to establish settlements in the Netherlands and the United States is warranted in the light of the economic crisis triggered by unchecked capitalist practices in 2008. In Ruler Marsh, the richest man in the world, unleashes a global financial crisis as a form of retaliation against the capitalist system that ruined his parents. Marsh returns to the Kempen in Flanders where his family originated. In a Heideggerean affirmation of the local as exemplified by the country road, Van den Broeck articulates his vision of the common, that theorists Michael Hardt and Antonio Negri in their Empire trilogy have attempted to salvage from communist thinking, with a utopian notion that a stronger connection with the land and the people within one's immediate environment may provide a useful premise for the development of viable alternatives to capitalism.

Loading

Article metrics loading...

/content/literat/33/2/EJC129515
2012-01-01
2016-12-02
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error