1887

n Literator : Journal of Literary Criticism, Comparative Linguistics and Literary Studies - 'n Nuwe Groot Trek-mite : herverbeelding van identiteit in deur Hans du Plessis : original research

USD

 

Abstract

In hierdie artikel sal aangetoon word hoe Hans du Plessis in sy roman die idee van die geskiedenis as 'n feitelik agterhaalbare reeks gebeure in die verlede ondermyn en dit weer bruikbaar en relevant maak vir die hede deur klem te lê op maatskaplike kwessies wat vir hedendaagse lesers relevant is. Eerstens sal gefokus word op die verpersoonlikte maatskaplike kodes waarvolgens die hoofkarakters se gedrag en identiteit gevorm word en hoe dié identiteit tersaaklik is vir die maatskaplike opset waarbinne die roman ontvang word. Tweedens sal die kwessie van kulturele en nasionale identiteit belig word soos dit in die roman vergestalt word. Aan die hand van dié insigte sal gepoog word om die vraag te beantwoord wie of wat die Afrikaner ten tye van die Groot Trek was. Ten slotte sal aangetoon word hoe Du Plessis gedateerde praktyke van geskiedkundige interpretasie en fiksionele representasie vermy deur die keuse om die ekokritiek as ideologiese raamwerk vir sy roman te neem. Sodoende word 'n nuwe maatskaplike mite oor die Groot Trek gevestig.


This article aims to illustrate how Hans du Plessis, in his novel [The path to Skuilhoek] (a place of shelter), subverts the way in which history had been presented in historical novels in the past by addressing social issues that contemporary readers find relevant. The first part of the article deals with the social codes that shape the identities of the main characters and how these identities are relevant in terms of the social framework within which the novel is received. In the second place the focus will shift towards Du Plessis's representation of cultural and national identities. The question: 'Who were the Afrikaners at the time of the Great Trek?' will be answered with reference to these identities. In conclusion it will be pointed out how Du Plessis avoids dated practices of historical interpretation by choosing ecocriticism as the ideological framework for his novel and is, in this way, constructing a new social myth about the Great Trek.

Loading

Article metrics loading...

/content/literat/34/2/EJC144490
2013-01-01
2016-12-06
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error