
Full text loading...
Etienne van Heerden se Toorberg kan as 'n moderne, postkoloniale plaasroman benader word, deels omdat dit die erfopvolgingsgegewe van die tradisionele plaasroman uitdaag. Erfopvolging impliseer 'n sterk familieband, en daarom is dit insiggewend om ondersoek in te stel na hoe familiebande binne hierdie roman funksioneer. Die artikel stel ondersoek in na die familiebande binne Toorberg met behulp van Sosiale-netwerk-analise (SNA), 'n grotendeels onbekende teoretiese raamwerk wat ook toegepas kan word binne die literatuurstudie. Daar word aangetoon hoe karakters se posisies binne hierdie netwerk bereken kan word ten opsigte van graadsentraliteit, nabyheidsentraliteit, Eigenvektorsentraliteit en tussenliggingsentraliteit, en hoe die aanduiders in staat is om die roman se ondermyning van die erfopvolgingsgegewe uit te lig.
A network analysis of character relations in Etienne van Heerden's Toorberg
Article metrics loading...