1887

n Literator : Journal of Literary Criticism, Comparative Linguistics and Literary Studies - Chroniek van 'n taalstryd - Afrikaans op Stellenbosch
Maties en Afrikaans, Pieter Kapp : boekresensie

USD

 

Abstract

Met die oog op die honderdjarige herdenking van die ontstaan van die Universiteit van Stellenbosch in 2018 verskaf die outeur, 'n bekende historikus, 'n omvattende beskrywing van die rol wat Afrikaans as voertaal van hierdie universiteit sedert die beginjare tot in die jongste verlede gespeel het. Die historiese aanloop en breër maatskaplike konteks van die talesituasie aan die Kaap, en mettertyd in die res van die land, dien as vertrekpunt vir die fokus op taal in die onderwys, en dan spesifiek op Stellenbosch. Die opkoms en vestiging van Afrikaans as onderrigtaal by die Universiteit Stellenbosch (US) word in die eerste drie hoofstukke in besonderhede, maar in gedronge formaat, uiteengesit, voordat die gebeure van die voorafgaande dekade of wat stap vir stap onder die loep geneem word - iets wat die laaste ses hoofstukke van die werk beslaan. Ná 'n tydperk van relatiewe rustigheid op hierdie terrein tot die laat sewentigerjare, het gesindheidsveranderings en verdeeldheid op sowel politieke as taalgebied na vore begin kom, iets wat mettertyd tot uitbarsting sou kom, en wat sowel binne die strukture van die Universiteit as in die openbare media uitvoerig gedokumenteer is. Die outeur, wat as president van die Konvokasie 'n belangrike rolspeler in hierdie gebeure was, verwerk in hierdie boek sy persoonlike ervaring van die gebeure, asook die volgorde van beleidsbepalings en -veranderings oor die gebruik van Afrikaans en Engels aan die Universiteit. Deur die openbaarmaking van dokumentasie wat grotendeels onbekend was vir die deursneeleser en die rangskikking daarvan in (chrono)logiese orde, word lig gewerp op die verwikkelde debat oor hierdie saak, asook op die rol van betrokke individue, die pers en burgerlikesamelewing-organisasies.

Loading

Article metrics loading...

/content/literat/36/1/EJC171189
2015-01-01
2016-12-09
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error