1887

n Literator : Journal of Literary Criticism, Comparative Linguistics and Literary Studies - Deur die wasmasjienvenster na binne en na buite
Veelvuldige gebruike vir huishoudelike toestelle, Andries Bezuidenhout : boekresensie

USD

 

Abstract

Andries Bezuidenhout se tweede bundel gee tegelykertyd blyke van die skrywer se veelvlakkige kunstenaarskap en sy nering as sosioloog. Tesame met patentsketse (ongelukkig baie klein gedruk) waarop deur die skrywer bygeteken is, tref die leser in hierdie bundel verwysings na verskeie ander kunsvorme aan, waaronder die skilderkuns, die digkuns, musiek en dies meer; verwysings wat uitgebrei word in versreëls soos 'ons die arme geeste van skepping / ons die gode' ('Dagdroom'). Hierdie verwysings is deel van 'n opmerklike intertekstuele gesprek met sowel die werk van Afrikaanse skrywers (Gert Vlok Nel, Sheila Cussons en andere), as met advertensies, lirieke, die wêreldletterkunde, sosiologiese vakliteratuur en filosofiese werke (soos telkens aangedui in die motto's by sommige gedigte en in die omvattende lys 'Bestanddele' agter in die bundel). Eweneens figureer die maatskaplike problematiek en politieke geskiedenis van die land in heelparty gedigte, hetsy eksplisiet ('ons is die ratte, die rusperwiele van stootskrapers /wat mure moes platstoot' in 'Onderdele') of meer verhul (in gedigte soos 'Welverdiend', die roerende 'Aansoek om betrekking' met sy ontnugterende slot, asook die ritmiese 'Ritrympie').

Loading

Article metrics loading...

/content/literat/36/1/EJC172960
2015-01-01
2016-12-02
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error