1887

n Literator : Journal of Literary Criticism, Comparative Linguistics and Literary Studies - Identity, construction and memory in Joanne Leonard's Being in pictures : (2008) : original research

 

Abstract

When Joanne Leonard's photo collage Romanticism is ultimately fatal (1972) appeared in H.W. Janson's History of art, the image brought her recognition as an artist. It gave her the confidence to further develop her technique of making photo collages, and the collages became a means of giving expression to her personal emotions as well as her reactions to historical events and public debates. In 2008, Leonard published an autobiographical text, â??an intimate memoir', in which she presents a selection of photographs and photo collages narrating her development as an artist and as a person. Written text is added to the visual images, providing information about the content and technical aspects of the photographs and collages as well as about the stages of her life as a person and an artist. This article discusses Joanne Leonard's photo memoir by focussing on the relationship between identity and narrativity, on the constructed nature of all representions and especially represented autobiographical narratives and, finally, on the understanding and functioning of memory. The theoretical and philosophical aspects of identity, narrative identity, construction and memory are explored, and selected art works are analysed and discussed. The conclusion of the article suggests that autobiography, in all its variety, remains one of the most fascinating genres to study and that this photo memoir is an exceptional example.

Die publikasie van Joanne Leonard se fotocollage Romanticism is ultimately fatal (1972) in H.W. Janson se gesaghebbende kunsgeskiedenis het vir haar bekendheid en erkenning gebring. Dit het haar ook die selfvertroue gegee om verder met haar tegniek vir die maak van fotocollages te eksperimenteer. Die collages het die manier geword waarop sy aan sowel persoonlike emosies as haar reaksie op historiese gebeure en openbare debatteuitdrukking kon gee. In 2008 publiseer Leonard 'n outobiografiese teks wat sy as 'an intimate memoir' beskryf. In die boek gebruik sy foto's en fotocollages om haar lewensverhaal te vertel, sowel die verloop van haar lewe as haar ontwikkeling as 'n kunstenaar. Die visuele materiaal word toegelig met kort aantekeninge en kommentaar aangaande die inhoud van die werke en die tegniese aspekte van die maak daarvan. Die talige teks bevat ook agtergrondinligting oor Leonard se lewe as individu en as kunstenaar. In hierdie artikel word Joanne Leonard se fotomemoir bespreek deur te fokus op die verhouding tussen identiteit en narratiwiteit, op die gekonstrueerde aard van representasie en veral van outobiografiese vertelling, asook op begrip van die werking van herinnering en die geheue. Die teoretiese en filosofiese aspekte van identiteit, narratiewe identiteit, konstruksie en herinnering word ondersoek en geselekteerde werke word geanaliseer en bespreek. Die gevolgtrekking van die artikel is dat die outobiografie in sy vele gedaantes een van die boeiendste genres is en dat hierdie fotomemoir 'n uitsonderlike voorbeeld van die outobiografie is.

Loading

Article metrics loading...

/content/literat/36/2/EJC181561
2015-01-01
2016-12-08
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error