1887

oa Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe - Die reg se oënskynlike onvermoë om korrupsie in staatskontraktering in Suid-Afrika hok te slaan : regte

 

Abstract

Ten spyte van 'n aansienlike aantal afdwingbare regsreëls wat staatsverkryging in Suid-Afrika reguleer, word hierdie aspek van staatsadministrasie gekenmerk deur hoë vlakke van ongerymdhede. Veral korrupsie blyk hoogty te vier as dit kom by staatskontrakte. Die vraag ontstaan dus hoekom die toepaslike reg oënskynlik nie daarin slaag om korrupsie in staatskontraktering effektief teen te werk nie. Die doel met hierdie artikel is om te fokus op die regsreëls wat spesifiek gemik is daarop om korrupsie in staatskontraktering te beveg en deur 'n ontleding van daardie reëls probleme te identifiseer wat sodanige oogmerk ondermyn. Vyf hoofprobleme in die regulering van staatsverkryging word geïdentifiseer wat bepaald die stryd teen korrupsie ondermyn, te wete die gefragmenteerde aard van die regulatoriese raamwerk, die steun op verkrygingsbeleid as die voertuig vir individuele verkrygingsreëls, die desentralisering van beide die verkrygingsfunksie en die skep van verkrygingsreëls, die inkonsekwente toepassing van gemeenregtelike reëls deur howe in verkrygingsdispute en die onsamehangende stelsel van remedies van toepassing op verkrygingstransaksies. Drie stappe word gevolglik voorgestel wat hierdie probleme kan help aanspreek. Dit is die sentralisering en konsolidering van die regulatoriese raamwerk, die skep van 'n sterk, sentrale oorsigstruktuur, en 'n herbesinning van die howe se rol in die regulering van staatsverkryging.


Corruption and public procurement have almost become synonymous in the public mind in South Africa. Almost every week brings new claims about some government contract that is clouded by questionable dealings, with words such as "tenderpreneurs" describing this scourge which has firmly taken root in popular discourse. The scope of alleged corruption in state contracting in South Africa is staggering, with the special investigating unit currently investigating tender irregularities amounting to billions of rand. It is no wonder that minister Trevor Manual recently identified public procurement as the Achilles heel of government.
In South African law there is, however, no shortage of regulatory measures aimed at controlling public procurement. This aspect of government conduct is highly regulated in terms of binding legal rules with fairly detailed requirements that individual procurements must meet. The question is, therefore, why corruption seems so prevalent in this area. Put differently, the question is why the law is failing to keep corruption in public procurement in check.
In considering this question, this article starts with a broad outline of the regulatory measures in place to deal with corruption in public procurement in South Africa. Against this legal backdrop the article investigates the problems in the public procurement regulatory regime that contribute to the unhealthy state in which this area finds itself, and concludes with some tentative thoughts on possible solutions.

Loading

Article metrics loading...

/content/litnet/10/1/EJC137970
2013-03-01
2016-12-03
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error