1887

oa Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe - Postvonnis-regte en verwagtinge van slagoffers en oortreders in geweldsmisdade met verwysing na die rolprent : regte

 

Abstract

Suid-Afrikaanse slagoffers van gewelddadige misdade soos verkragting en moord kan tans verwag dat lewenslange gevangenisstraf as die swaarste moontlike vonnis aan hul oortreders opgelê word. Na vonnisoplegging is die werklike termyn van aanhouding wat uitgedien moet word, nie net vir die oortreder van belang nie, maar ook vir die slagoffer.


Die Argentynse rolprent gee 'n treffende illustrasie van die verraad wat 'n agterblywende wewenaar ervaar wanneer die staat versuim om sy verpligting na te kom om sy vrou se moordenaar regmatig te straf. In sy strewe na geregtigheid word hy self 'n lewenslange slagoffer. Die rolprent bring die regte van slagoffers en oortreders tydens die postvonnis-fase op die voorgrond. Hierdie fase word ondersoek met spesifieke verwysing na slagoffers se redelike verwagtinge van die staat, bemagtiging deur middel van hul regte (byvoorbeeld die reg om inligting relevant tot paroolbesluite te verskaf), en die ondersteuningstrukture tot hul beskikking om die effek van geweldsmisdaad aan te spreek. Daarbenewens word die regte van oortreders wat lewenslange vonnisse uitdien, beoordeel, soos die reg op waardigheid en menslike interaksie, asook die reëls met betrekking tot die vonnistermyn en paroolvergunning. Die rolprent bekragtig die motivering onderliggend aan 'n kultuur van regte vir beide slagoffers en oortreders. Daarby word die wesenlike spanning tussen die regte van beide partye en die dwingende vereiste om 'n balans tussen die twee te vind, geïllustreer. Die artikel wys uit dat wanneer regsteks in formele onderrig deur die gebruik van rolprentmateriaal gekontekstualiseer word, die opleiding en begrip van regstudente aangevul en verskerp kan word.


In this article the storyline and facts in the Argentinean film are used to highlight and evaluate certain aspects of the criminal justice system. The focus is on those aspects which are, after conviction of a violent crime, of import to both victim and offender, namely the sentence imposed and the actual term of incarceration to be served. The current position under South African law is investigated in the event where a murderer, unlike the one in the film, had been sentenced to life imprisonment under a democratic dispensation. The post-sentence phase is examined, with reference to victims' legitimate expectations from the state, their empowerment through rights (such as the rights to receive and provide information concerning parole proceedings), and available support structures to address the effects of violent crime. In addition, the rights of offenders serving life sentences, such as the right to dignity and human interaction, as well as the rules pertaining to sentence duration and parole, are evaluated. Lastly, it is highlighted how the use of film, such as , may enrich legal education by supplementing legal text with the fictionalised application of (or disregard for) laws and rules in humanised settings.

Loading

Article metrics loading...

/content/litnet/10/1/EJC137972
2013-03-01
2016-12-03
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error