1887

oa Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe - Eensaamheid, alleenheid, vryheid : Joseph Joachim se F-A-E-lewensmotto ("Frei aber einsam") en Karel Schoeman se roman : geesteswetenskappe

 

Abstract

Volgens Dahlberg (2007) kan eensaamheid beteken om sonder ander mense te wees, of alleen te voel tussen ander mense, maar ook om rustig en kreatief te voel binne jou eie eensaamheid. Laasgenoemde kan alleenheid () genoem word. Dit is bekend dat die beroemde violis Joseph Joachim die begrip "Frei aber einsam" ("Vry, maar eensaam") as lewensmotto aanvaar het. Daarby was dit vir die skrywer van hierdie artikel uiters opvallend dat die begrippe en opmerklik dikwels in Karel Schoeman se roman voorkom. Hierdie konsepte word in die artikel op die lewens van Joachim en Schoeman en op sy roman toegepas. Die doel van die artikel is dus om verbande tussen twee wyd uiteenlopende kunstenaars en kunswerke uit twee verskillende eeue te probeer vind. In Oktober 1853 het Schumann, Dietrichen Brahms hulle buitengewone, gesamentlike in Düsseldorf as verrassing vir Joachim aangebied. Hierdie kunstenaars (asook Clara Schumann) was hegte vriende en was bewus van Joachim se lewensmotto "Frei aber einsam" (afgekort tot die letters F-A-E). Hierdie letters kan in die musiektoonhoogtes F, A en E omgesit word en dus as 'n motief in musiekkomposisies ingesluit word. Uit 'n ontleding van Joachim se lewe en sy briewe kan afgelei word dat hy dikwels intens eensaam gevoel het. Die feit dat hy as Jood en Hongaar gebore is en hom in 'n hoofsaaklik Christelike Duitssprekende wêreld bevind het, het ook tot sy gevoel van buitestanderskap bygedra. Schoeman se werk word gekenmerk deur karakters wat dikwels oorweldigend eensaam is. Hy skryf in sy outobiografie, (2002), geredelik oor sy eie eensaamheid en alleenheid, maar ook oor sy vryheid. Hierdie gevoelens word weerspieël in sy roman (1993), waarin 'n ou vrou op haar sterfbed terugdink aan haar lewe op 'n afgeleë plaas. Sy oordink haar eensaamheid en alleenheid, maar ook die vryheid wat sy aan die einde van haar lewe ondervind. Sy is eensaam, maar vry (E-A-F - "Einsam aber frei"); dus in die omgekeerde volgorde van Joachim se lewensmotto. Op hierdie manier hou die inhoud van die roman op verrassende wyse verband met Joachim se F-A-E-motto.


It is a well-known fact that the famous violinist Joseph Joachim (1831-1907) adopted the words "Frei aber einsam" ("Free, but lonely") as his personal life motto. When reading Karel Schoeman's Afrikaans novel (), the author of the article found it extremely apparent that the concepts of loneliness and freedom are often referred to.
Karel Schoeman's Afrikaans novel (1993, published in English as , 2005 and in French as , 2009) has received much attention and was awarded the prestigious Hertzog Prize for Afrikaans literature in 1995. Schoeman (born 1939) had also won the prize in 1970 and 1989. Many aspects of the novel have been analysed, and a book on Schoeman's oeuvre, (Lock-keeper at the dam of voices: reflections on the work of Karel Schoeman), edited by Burger and Van Vuuren, appeared in 2002. For the cover page of this book Schoeman chose Caspar David Friedrich's painting of the lonely monk at the sea (, 1808-10; Nationalgalerie, Berlin). Van der Mescht (2005) published an article on the correspondences between the novel and the paintings of Friedrich (1774-1840).
The present article endeavours to determine possible congruities between the use of the motto ( - Free but lonely) in the personal and artistic life of the famous violinist Joseph Joachim and the application of the concepts of loneliness and solitude ( and respectively in Afrikaans) and freedom () in Schoeman's life and in his novel . Why was this musical motif important to Joachim and what did he understand by this motto? What can be deduced from Joachim's and Schoeman's lives about what these words meant to them? The article therefore aims to establish correspondences between two significantly different works of art from two different centuries. The concepts of loneliness and freedom were also investigated in Schoeman's autobiographical (, 2002), which, on publication, caused great surprise, as Schoeman is known to be a very private person.

Loading

Article metrics loading...

/content/litnet/10/2/EJC141458
2013-08-01
2016-12-09
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error