1887

oa Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe - Homoseksualiteit en sewe klassieke Bybelse tekste : antigay of misverstaan? : godsdienswetenskappe

 

Abstract

Die debat oor homoseksualiteit val in baie kringe nog vas by die bespreking van sewe tekste uit die Bybel. Hierdie artikel bring die sewe tekste weer eens onder die soeklig. Die eerste vertrekpunt is dat die artikel poog om nieteoloë by die gesprek betrokke te kry, en daarom word tegniese teologiese vaktaal so ver moontlik in die teks vermy en na eindnotas verskuif. Die tweede vertrekpunt is dat erkenning gegee word aan die feit dat daar twee Skrifbenaderings is waarmee die tekste gelees word. Opregte Christene praat bo-oor mekaar, omdat die Skrifbeskouing onderliggend aan die twee verskillende maniere van lees van die tekste nie uitgespel en die konsekwensies daarvan nie deurgetrek word nie. Elkeen van die sewe bekende tekste wat verband hou met homoseksualiteit, word soos volg hier belig: eers word daar gekyk na 'n letterlike verstaan van die teks en die gevolge wat dit het vir dieselfde lees van omringende en verwante tekste; daarna word die teks meer krities (ondersoekend) gelees deur veral twee hulpmiddels in te span, nl. kennis van die grondtale (Hebreeus en Grieks) met alternatiewe vertalings, en kennis oor die sosiale en kulturele agtergrond waarbinne hierdie tekste grondgevat het. Dan word die gevolgtrekkings wat só 'n lees van die teks het, eweneens konsekwent deurgetrek. Die doelwit van hierdie werkwyse is om die leser te bemagtig om selfstandig te dink vir deelname aan die gesprek. Die tyd van voorskriftelike denke is verby. Die teologie is nie 'n museumstuk nie, maar 'n hulpmiddel wat aan die gewone leser toevertrou kan word. Uit die gevolgtrekkings sal dit duidelik word dat mense dikwels antieke Bybeltekste deur 'n moderne (hedendaagse) bril lees. Moderne lesers gaan byvoorbeeld van die vooronderstelling uit dat die antieke skrywers kennis gedra het van mense wat gebore is met 'n seksuele voorkeur vir mense van dieselfde geslag. Hierdie vooronderstelling kelder enige sinvolle verstaan van die sewe Bybeltekste, asook 'n sinvolle debat oor homoseksualiteit as seksuele oriëntasie.


Since the theological dialogue about homosexuality started during the 1980s in South Africa, two groups have emerged in the church. There are sincere Christians who are of the conviction that the Bible as the Word of God declares any homosexual relationships sinful. This conviction is based on a specific reading of Gen. 19:5; Jud. 19:22; Lev. 18:22; Lev. 20:13; Rom. 1:24-7; 1 Cor. 6:9 and 1 Tim. 1:10 - the-so-called seven "homosexual texts" in the Bible. Another group of Christians are convinced that the seven texts used by the first group to condemn homosexuality do not refer to what is currently accepted as homosexuality as a specific sexual orientation and thus cannot be used to condemn homosexual relationships.
In many circles the theological debate on homosexuality still concentrates on these seven biblical texts. At face value these texts condemn what is today known as homosexuality - a concept unknown to biblical authors in ancient society. This article puts these texts under the searchlight once again, but with a few different nuances.

Loading

Article metrics loading...

/content/litnet/10/3/EJC147709
2013-12-01
2016-12-05
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error