1887

oa Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe - J.R.L. van Bruggen (Kleinjan) se eenbedryf "Bloedrivier" uit Bakens : gedramatiseerde mylpale uit die Groot Trek (1938/1939) - 'n terugblik vanuit 2013 : geesteswetenskappe

 

Abstract

In hierdie artikel fokus ek op een drama, "Bloedrivier" (uit die bundel eenbedrywe ) deur J.R.L. van Bruggen (Kleinjan) in 'n poging om die 175ste herdenking van die Groot Trek en die Slag van Bloedrivier ook in verband te bring met die dramatiese werk wat daarmee verbind kan word. Van Bruggen het sy bundel eenbedrywe geskryf met die uitdruklike doelwit om in 1938, tydens die eeufeesviering van die geveg, hierdie historiese gebeure ook op dramatiese wyse te herdenk. Hy het met hierdie eenbedrywe probeer om met die gebruik van die sogenaamde dokumentêre dramavorm die illusie te skep van die skynbaar feitelik-historiese weergawe van hierdie gebeure. Sy keuse om in die eenbedryf "Bloedrivier" sterker op sekere bronne (Jan Bantjes) as ander (Sarel Cilliers) te steun kan as veelseggend beskou word. Ter inleiding van my fokus op hierdie spesifieke drama verwys ek kortliks na die voorkoms en rol van dramatiese werk/voorstellings by die Groot Trek-herdenkingsfees en ander feeste (o.a. die grootskaalse gebruik van historiese tablo's by hierdie feeste). Die teoretiese raamwerk waarbinne my bespreking van die eenbedryf "Bloedrivier" vervolgens geplaas is, sluit aan by sekere aspekte wat die sogenaamde Nuwe Historisme kenmerk. Aangesien hierdie benadering dikwels 'n redelik omvattende en gedetailleerde studie van die sogenaamde sosiale energieë (soos uiteengesit deur Stephen Greenblatt 1988) van 'n tydvak inhou, wat moeilik in die bestek van 'n artikel volledig gedoen kan word, is daar besluit om hier slegs op sekere kernaspekte van die benadering te fokus. Wat in hierdie artikel dus wel aan bod kom, is hoofsaaklik 'n poging om te wys hoe literêre en ander tekste (in hierdie geval historiese bronne/dokumente) op mekaar inspeel; dat die literatuur as kulturele praktyk naas ander praktyke staan (historiese, politiese, sosiale e.a. praktyke); die rol van magsverhoudings binne die betrokke historiese periode, en veral dat alle "waarhede" gewoon histories vasgelê is. Die polemiese sake rondom die Slag van Bloedrivier - veral die Gelofte self - word betrek binne die bespreking van Kleinjan van Bruggen se drama. As gerekende akademikus en opvoeder van sy tyd sou hy wel deeglik kennis geneem het van die verskillende standpunte oor die Slag van Bloedrivier en die Gelofte in sy eie tyd. Ek probeer uitwys in watter mate hierdie drama kan bydra tot die debat oor 'n historiese aangeleentheid en hoe dit as 'n kultuurproduk van 1939 doelbewus aangesluit het by die strewe om Afrikanernasionalisme te vestig en te bevorder deur middel van ook die kultuur en bepaalde kulturele aktiwiteite soos die drama. In sy doelwit om 'n sogenaamd histories korrekte weergawe van die gebeure te gee, poog Van Bruggen terselfdertyd om die ideologie van Afrikanernasionalisme te bevorder.


December 2013 marked the 175th anniversary of the Great Trek and the Battle of Blood River. This article focuses on the one-act play "Bloedrivier" (Blood River), from the anthology (Beacons) by J.R.L. van Bruggen (Kleinjan).
Van Bruggen wrote his anthology of one-act plays during the time of the centenary celebrations of these historical events (1938), with the explicit aim of commemorating the events dramatically. He endeavoured, by means of the documentary drama genre, to create the illusion of a seemingly factual version of the historical events. He made a significant choice by choosing the journal kept by Jan Bantjes (and not the recollections of Sarel Cilliers) as his main source.
The theoretical framework for the study is based on aspects of New Historicism. Since this approach often entails extensive and detailed study of the so-called social energies characterising a certain period (as discussed by Stephen Greenblatt 1988), I utilise only certain aspects of this approach: to demonstrate how literary and other texts (in this case historical sources or documents) interact with one another; that literature as a cultural practice stands next to other praxis (historical, political, social, etc.); the role played by power relations within the historical period concerned; and that all "truths" are historically determined.

Loading

Article metrics loading...

/content/litnet/10/3/EJC147712
2013-12-01
2016-12-03
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error