1887

oa Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe - Die fotogedig : 'n teoretiese onderbou : geesteswetenskappe

 

Abstract

'n Fotogedig bestaan uit 'n foto wat as kunswerk bedoel en afgeneem is en waarby 'n gedig geskryf is wat vir inhoudelike stof put uit dieselfde toneel of ervaring wat afgeneem is. Die foto en gedig word saam uitgestal/aangebied en as een teks "gelees", en verskil daarom kardinaal van ekfrastiese gedigte oor afwesige kunswerke. Die definisie is my eie, om te probeer onderskei tussen fotogedigte aan die een kant en sogenaamde beeldgedigte en verse met foto's bloot ter illustrasie daarnaas geplaas aan die ander kant. My eie ervaring en eksperimente het my genoop om by wyse van 'n oorsig van die teorie oor fotografie en die digkuns ondersteuning te probeer vind vir die lewensvatbaarheid van die fotogedig as 'n eie genre of kunswerk, aangesien daar so min oor fotogedigte geskryf is. Hierdie artikel begin met 'n outobiografiese inleiding oor die skep van fotogedigte vir verskeie uitstallings. Vervolgens word gekyk na aspekte van die fotografie wat analogiese verbande met die digkuns toon. Hiervoor was Siegfried Kracauer se begrippe oor die aanverwantskappe van die fotografiese benadering met die werklikheid, 'n moontlike optiese onderbewuste, verskuilde inligting en gewaarwordings en maniere om hulle te onthul, asook Roland Barthes se semiotiese benadering tot die fotografie, baie bruikbaar. In die poësieteorie hou Kracauer en Barthes se konsepte en benaderings verband met konsepte soos selfverwysing, polisemiese potensiaal, katabasis en beweging in die leesproses. Voorts word gekyk na die tradisie van ekfrasis in die digkuns en die unieke probleme daaraan verbonde. Hierdie insigte oor die twee soorte dinamika word dan geïntegreer om 'n kritiese benaderingswyse teenoor die fotogedig voor te stel. Die gevolgtrekking is dat daar inderdaad oorvloedige teoretiese ondersteuning vir die fotogedig bestaan, en dat dit tot 'n unieke genre en kunsvorm kan ontwikkel.


A photo poem is a poem-photograph combination - a poem presented along with a photograph, taken by the poet, of the same scene or object that provides the material for the poem. The two elements are displayed next to each other, either on a gallery wall or on adjacent pages in a print publication, to enable to-and-fro referencing as the poem is read or the photograph is scanned. The aim is an integrated reading experience of which the sum is greater than the parts.
The term is the author's own, and was originally used to describe the items that were part of several exhibitions at various South African art festivals and galleries from 2002 to 2012. Some of these 70-odd photo poems were also included in his 2010 collection of poems, (Notes from the empire).
On the face of it the photo poem joins the long-established practice of "ekphrasis" in Western literature. In classical literature meant an intervention or pause in a rhetorical presentation, during which a detailed description of an object would be rendered (Krieger 1992:7). The word means "to give voice" to something, and initially there was no restriction on the types of objects or subjects, which ranged from battlefield scenes to an artist's new earthenware item. However, through the ages was narrowed down to refer to the description of an object in an art form other than a word-based one. Today has become quite common in Western literature, as a response to especially works of visual art (Donaldson and Hall 1991:529).

Loading

Article metrics loading...

/content/litnet/10/3/EJC147714
2013-12-01
2016-12-09
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error