1887

oa Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe - Eenheid as matriks van die spiritualiteit van die Evangelie volgens Johannes : godsdienswetenskappe

 

Abstract

In hierdie artikel word die eenheidsbegrip, wat die matriks van die Johanneïese spiritualiteit vorm, ondersoek. Vir die skrywer van hierdie Evangelie is die eenheid tussen Jesus en sy dissipels gegrond op die eenheid tussen Jesus en die Vader. Met ander woorde, die eenheid tussen Jesus en die Vader dien as voorbeeld vir die eenheid wat tussen Jesus en sy dissipels tot stand moet kom. Dit noodsaak dus 'n ondersoek na die aard van hierdie eenheid. Volgens Joh. 15:1-8 word die wese van hierdie eenheid gedefinieer aan die hand van die metafoor van die wingerdstok, en bestaan daarin om "in mekaar te bly", "mekaar lief te hê", en "gehoorsaam te wees aan die Een wat groter is", wat 'n hoogtepunt bereik in "die verheerliking van die Vader". Vir die skrywer moet sodanige eenheid verwesenlik word in die belewenis van die eenheid tussen die dissipels. In Joh. 13 verduidelik Jesus hierdie eenheid en verstrek Hy 'n voorbeeld daarvan wanneer Hy in 'n handeling van liefde en diens die voete van sy dissipels was. Hy self bepaal die grense hiervan met die gereelde gebruik van die vergelykende partikel καθώς ("volgens"). Hy het aan hulle 'n ύττόδειγμα ("voorbeeld") van onderlinge diens voorgehou. Wanneer die dissipels Jesus se gebod om mekaar lief te hê, gehoorsaam, en grense probeer oorsteek om nuwe vriendskappe te smee en die afwykende strukture van die samelewing te omvorm, sal nuwe belewenisse van "eenheid" tot stand kom.

This paper investigates the unity concept, which forms the matrix of Johannine spirituality. For the author of this Gospel the unity between Jesus and his disciples is founded on the unity that exists between Jesus and the Father. In other words, the unity between Jesus and the Father is the example for the unity to be constituted between Jesus and his disciples. This then obviously necessitates an investigation into the nature of this unity. Such a nature is defined, according to John 15:1-8, in the vine metaphor and consists in "to abide in one another", "to love one another" and "to be obedient to the one greater", which culminates in "the glorification of the Father". For the author such unity has to materialise in the lived experience of the unity among the disciples. In John 13 Jesus explains and sets an example for this unity when, in an act of love and service, he washes the feet of his disciples. He himself sets the parameters with the frequent use of the comparative particle καθώς ("according to"). He had given them an ύττόδειγμα ("example") of mutual service. When the disciples obey the commandment of Jesus to love one another, and attempt to cross boundaries to form new friendships and transform the errant structures in society, new lived experiences of "oneness" or "unity" will be created.

Loading

Article metrics loading...

/content/litnet/11/1/EJC151156
2014-03-01
2016-12-09
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error