1887

oa Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe - Die repudiëring van 'n erfenis deur die insolvente erfgenaam - 'n vervreemding of nie? : regte

Volume 11, Issue 1
  • ISSN : 1995-5928

 

Abstract

Die aangeleentheid wat hier aandag geniet, is wat die regsposisie is indien 'n insolvente erfgenaam voor die sekwestrasie van sy boedel 'n erfenis repudieer. Die doel van die ondersoek is om onlangse regspraak aan die hand van toepaslike beginsels van die erfreg en insolvensiereg, asook die standpunte van skrywers in hierdie verband, te bespreek en te ontleed. Daar moet eerstens vasgestel word wat presies die skuldenaar met die dood van die erflater kry. Daarmee saam moet bepaal word watter rol die adiasie of repudiasie van die erfenis deur die erfgenaam speel. Die uitgangspunt is dat indien bevind word dat die erfgenaam reeds by die dood van die erflater 'n reg of 'n voorwaardelike reg kry, die repudiasie daarvan as 'n "vervreemding" beskou sal kan word. Die implikasie van so 'n standpunt is noodwendig dat adiasie outomaties geskied en dat slegs 'n daadwerklike repudiasie deur die erfgenaam die regsposisie verander. Die standpunt word ingeneem dat indien die erfgenaam nie met die dood van die erflater 'n reg of voorwaardelike reg verkry nie, die weiering om die erfenis te aanvaar nie 'n "vervreemding" binne die konteks van artikel 2 van die Insolvensiewet 24 van 1936 is nie. Met inagneming van die beginsels van adiasie en repudiasie binne die omvang van die erfreg en hofuitsprake, word die standpunt uiteindelik gehuldig dat die erfgenaam met die dood van die erflater die bevoegdheid kry om te besluit of hy die erfenis wil adieer of repudieer. Die erfgenaam kan nie gedwing word om die erflating te ontvang nie, en totdat die erfgenaam hierdie bevoegdheid uitgeoefen het, beskik sy boedel oor geen reg of belang in eiendom nie. Indien die erfgenaam adieer, kry hy 'n vorderingsreg om die erfenis in 'n latere stadium van die eksekuteur van die boedel op te eis. Hierdie interpretasie is ook op een lyn met die beslissing in die -saak wat reeds in 1858 beslis is. Die onsekerheid wat tans oor hierdie hele aangeleentheid bestaan, noop 'n aanbeveling dat die Insolvensiewet sodanig gewysig moet word dat 'n repudiëring van 'n erfenis voor die sekwestrasie van sy boedel nie as 'n vervreemding geklassifiseer word nie.


Section 20 of the Insolvency Act 24 of 1936 regulates the effect of sequestration on the property of the insolvent debtor. The effect of sequestration on the insolvent estate is to divest the property of the insolvent and to vest it in the master until a trustee has been appointed, and, upon the appointment of a trustee, to vest the estate in him. Accordingly, the trustee must take charge of and control the property of the insolvent estate and realise the property for distribution to the best advantage of the of the insolvent estate. This section also describes what property the insolvent estate comprises, that is, all the property of the insolvent at the date of sequestration. This includes all property which the insolvent may acquire or which may accrue to him during the sequestration.
The trustee may claim that the inheritance of the insolvent heir forms part of the property of the insolvent estate, if the insolvent accepts the inheritance. This article focuses on the question whether an inheritance forms part of the property of the insolvent estate if it had been repudiated by an heir. In (1995) it was held that the repudiation of an inheritance is a disposition in fraud of the creditors as intended by section 8(c) of the Insolvency Act.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/litnet/11/1/EJC151166
2014-03-01
2017-12-12

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error