1887

oa Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe - Die beeld is duursamer as die begrip : geesteswetenskappe

Volume 11, Issue 2
  • ISSN : 1995-5928

 

Abstract

Hierdie artikel het ten doel om die poëtiese nalatenskap van N.P. Van Wyk Louw en die oorlewingsvermoë, dit wil sê die duursaamheid, van die poësie te ondersoek na aanleiding van resensies en studies oor Louw se werk wat berus op die interpretasie en intellektuele verstaan of begrip van die tekste. Die aanvanklike resepsie van die digbundels en die epos van Louw, asook latere besprekings en studies van sy werk, word as uitgangspunt geneem om enersyds die teoretiese vertrekpunte onderliggend aan die verskillende lesings van die poësie te identifiseer. Andersyds word sowel Louw se nalatenskap as die ontwikkeling van uiteenlopende sienings van sy werk beoordeel en in perspektief geplaas. Die draad wat die argument saambind, is die konsep van tyd, spesifiek die idee van historisiteit, oftewel die "gewig" van die verlede in Ricoeur se terminologie. Skryf is een van die maniere om 'n greep te kry op die vlugtigheid en inkongruensie van tyd in menslike ervaring, maar die lees van literêre tekste het ook 'n invloed op mense se tydsbelewenis. Dit is veral belangrik in die huidige tydsgewrig, wat gekenmerk word deur oorvloedigheid en gelyktydigheid van inligting en ervaring waardeur die mens in 'n tydversnelling beland wat psigologies en kultureel vervreemdend kan word. Die slotsom waartoe gekom word, is dat die estetiese teks self in die gesprek in en om die literatuur die gang van tyd kan weerstaan, omdat daar in die onbegrensdheid en onbepaaldheid van die beeldrykheid van veral gedigte iets van die onbepaalbare aard van die betekenis van menslike belewenis in die werklikheid weerspieël word.


In this article, the title of which uses the word metonymically for "poem", the notion that good poetry can withstand many different interpretations over time is explored. The argument in the article is delimited to three aspects, namely the ability of the poetic image to generate and regenerate meaning over time; durability, which is concerned with the ability of poetry to withstand and survive the passing of time as well as different theoretical approaches; and the nature and value of understanding or interpretation as the cognitive processing of aesthetic texts. A further delimitation lies in the fact that the article aims to explore the poetical legacy of the Afrikaans poet N.P. Van Wyk Louw, who was the leading figure of the so-called Dertigers, the poets who made their debut during the 1930's. The underlying question is how Louw's poetry was evaluated and interpreted at the time of publication of the consecutive volumes and whether (and how) the poetry has survived the passing of time.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/litnet/11/2/EJC157495
2014-08-01
2017-12-18

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error