1887

oa Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe - Verwonde en verwarde adolessente - enkele pastorale merkers : godsdienswetenskappe

 

Abstract

In hierdie artikel val die klem op die pastorale begeleiding van adolessente wat worstel met emosionele verwonding wat in talle gevalle reeds in hul vroeë kinderjare voorgekom het. Die doel is om riglyne voor te stel waarvolgens eerstens die aard en omvang van oorspronklike pyn en verwonding vasgestel kan word, en tweedens 'n matriks vir die praktiese begeleiding van so 'n jongmens neergelê kan word. Die teoretiese raamwerk van hierdie artikel berus op 'n geïntegreerde eklektiese benadering waarin daar gesteun word op perspektiewe vanuit die terreine van die pastoraat, positiewe sielkunde, innerlike genesing (), die sogenaamde sterkpunte-perspektief () en die binnekind-perspektief (), asook insigte vanuit die groeimodel en herstelbeweging ().


Die artikel toon aan hoe daar gaandeweg by die emosioneel verwonde jongmens 'n opbou van emosies en innerlike spanning plaasvind wat vergelyk kan word met 'n drukkoker wat die een of ander tyd maksimum kapasiteit sal bereik. Wanneer sodanige "breekpunt" aanbreek, kan dit lei tot verskillende vorme van "uitreageer-gedrag" () as 'n wyse van korttermyn-ontvlugting vanaf oorweldigende innerlike emosies. Die belangrikste aanleidende oorsake tot sodanige emosionele pyn, die tipiese areas waar dit gewoonlik te voorskyn kom, en kenmerkende herhalende gedragspatrone word uitgewys. 'n Aantal praktiese riglyne word ten slotte voorgestel, enersyds vir die berader en andersyds vir die betrokke jongmens self.


This essay focusses on the pastoral guidance of adolescents who struggle with emotional wounds which, in many instances, were inflicted during and have continued to exist since early childhood. The woundedness of young people is related to the nature of adolescence. The process of growing up is further complicated by the trauma, crises and emotional wounding of young people during this phase. One of the consequences is that they, in turn, tend to wound those around them. Breaking this cycle of negativity poses a major challenge, as it is often accompanied by resistance in these young people because of their having learned harmful survival and coping mechanisms.

Loading

Article metrics loading...

/content/litnet/11/2/EJC157501
2014-08-01
2016-12-08
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error