1887

oa Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe - 'n Ontleding van die Suid-Afrikaanse regsraamwerk met betrekking tot die omgewingsaspekte van breking in die Karoo : regte

 

Abstract

Aardgas word toenemend deur middel van die proses van hidrouliese breking (hierna breking) ontgin. Die Suid-Afrikaanse owerheid het op 7 September 2012 die nasionale moratorium op aansoeke om prospektering van aardgas gelig. Die weg is dus nou gebaan vir moontlike grootskaalse ontginning van aardgas in Suid-Afrika. Wetenskaplikes meen dat een van die wêreld se grootste bronne van aardgas in die Karoostreek opgesluit lê. Die Karoo is egter bekend vir langdurige droogtes. Dit beteken dat die gebied grootliks afhanklik is van ondergrondse waterbronne vir daaglikse gebruik deur mense, diere en die breër ekosisteem. Die gebied word ook oorwegend vir landboudoeleindes aangewend en meer spesifiek veeteelt, en dit word beskou as 'n uiters sensitiewe ekologiese gebied. Na alle verwagtinge sal breking 'n beduidende impak hê op die Karoo, haar omgewing en meer spesifiek haar waterhulpbronne, en haar mense, terwyl dit allesbehalwe seker is of die sosio-ekonomiese groei wat voorspel word as gevolg van industriële aktiwiteite in die gebied, die ekologiese impakte sal kan uitbalanseer.


Suid-Afrika het gelukkig een van die modernste en omvattendste omgewingsregraamwerke in die wêreld, maar dit is onduidelik of hierdie raamwerk voldoende ingerig is om omgewingsuitwerkings en -skade as gevolg van breking te voorkom, te beperk en/of te herstel. In die lig hiervan poog hierdie bydrae om die primêre omgewingsregbepalings te ontleed en leemtes daarin te identifiseer sodat aanbevelings ter beskerming van die omgewing oorweeg en toepaslike wetgewing gepromulgeer kan word ten einde die uitwerkings van breking beter te reguleer. Die Karoostreek dien as die geografiese fokus van die artikel.
Die bespreking word aan die hand van die volgende chronologie gestruktureer: Eerstens verduidelik ons kortliks die proses van breking asook die voor- en nadele daarvan. Omdat die Suid-Afrikaanse omgewingsreg geanker is in grondwetlike bepalings, fokus ons daarna op die toepaslike bepalings van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, en meer spesifiek op die omgewingsreg vervat in artikel 24. Die res van die artikel word gewy aan 'n kritiese bespreking van die primêre statutêre bepalings wat betrekking het op die regulering van hidrobreking. Hierdie wette sluit in die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur 107 van 1998; die Mineral and Petroleum Resources Development Act 28 van 2002; en die Nasionale Waterwet 36 van 1998.


South Africa seems irreversibly set on a path of increasing its dependence on fossil fuels. Among other indications to this effect (being the expansion of its coal-fired power plants), government has recently lifted a moratorium on the exploration of shale gas, thus paving the way for oil companies to legally extract shale gas through the controversial process of hydraulic fracturing or fracking. Fracking is not an entirely new extraction process, as it has been applied in the United States for many years. It is, however, new to South Africa and it is unclear whether the country and its regulatory framework, including its environmental law and governance regime, are sufficiently prepared for and geared towards proper regulation of this highly contentious and invasive extraction process.
It is estimated that along with China, the United States, Argentina and Mexico, South Africa has the most extensive source of shale gas in the world. This source lies locked up in the ecologically sensitive, water-scarce and largely pristine Karoo area, within an estimated area of 90 000 square kilometres including the Whitehill, Prince Albert and Collingham geological formations. While there is considerable uncertainty regarding the extent of the shale gas resource that lies under the Karoo, it is also anything but clear and certain what the environmental and socio-economic impacts of fracking will be on the area. If the current acid mine drainage disaster in South Africa is anything to go by, oil companies and the South African government will be well advised to approach fracking with the utmost caution and sufficient care, unless it wishes to risk irreversible ecological damage that could extend well into the future. Such a risk-averse and cautious approach would be especially pertinent given the sensitive ecological characteristics of the Karoo.

Loading

Article metrics loading...

/content/litnet/11/2/EJC157509
2014-08-01
2016-12-06
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error