1887

oa Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe - Oorgrens-biodiversiteitsregulering in die Antroposeen : regte

 

Abstract

Hierdie artikel bou voort op 'n aantekening wat ek in 2013 in gepubliseer het. Dit handel met die Antroposeen wat deesdae algemeen, alhoewel nog nie formeel nie, aanvaar word as 'n nuwe geologiese epog waarin die mens besig is om die parameters wat die werking van alle aardstelses bepaal, wesenlik te verander. As gevolg van die toenemende menslike invloed op die aardstelsel is die aarde besig om kritieke kantelpunte te bereik wat tot snelle en onomkeerbare verandering kan lei en lewe op aarde onmoontlik kan maak. Nou, meer as ooit in die verlede, gaan daar van die mensdom verwag word om deur regulatoriese strukture, wat ook die reg insluit, in te gryp ten einde die mens-omgewing-koppeling beter te bemiddel. 'n Aansienlike deel van hierdie regulatoriese ingryping sal op die beskerming van biodiversiteit moet fokus. Biodiversiteit is noodsaaklik om menslike en niemenslike lewe op aarde te onderhou, om die integriteit en gesondheid van ekologiese stelsels in stand te hou, en om die stabiliteit en herstelvermoƫ van ander aardstelsels te verseker. Daar is vandag genoegsame bewyse dat daar 'n dramatiese afname in biodiversiteit weens die toename in menslike aktiwiteit in die biosfeer is. Dit is derhalwe duidelik dat daar 'n nuwe reguleringsparadigma nodig is om biodiversiteit genoegsaam te beskerm om sodoende lewe in die Antroposeen moontlik te maak, nou en in die toekoms. Teen hierdie agtergrond poog hierdie artikel in die algemeen om die narratief van die Antroposeen in te bring in die debat oor oorgrens-biodiversiteitsreg en -regulering deur te toon wat die aanbreek van die Antroposeen vir sommige aspekte van biodiversiteitsbeskerming beteken. Die artikel identifiseer en bespreek dan kortliks twee vraagstukke wat belangrik sal wees by die oorweging van 'n nuwe paradigma vir oorgrens-biodiversiteitsbeskerming gedurende die Antroposeen. Hierdie vraagstukke is nuwe globale omgewingsreg en -regulering, en transnasionaliteit deur konnektiwiteit.


Today scientists believe that we might have crossed over from the Holocene epoch into the Anthropocene epoch. informally denotes a new time in geo-ecological history where humans, through the introduction of biophysical factors into the biosphere, are changing the parameters that determine the functioning of all earth system processes. In the Anthropocene epoch the earth system is considered to be moving outside the range of the natural variability it has exhibited over the last half million years, as a result of anthropogenic changes to the earth system. The various changes to key earth system processes, their magnitudes and rates of change, are unprecedented, with the result that the earth is arguably currently operating in a non-analogical state. The precipitous increasing human imprint on the environment, as suggested by the Anthropocene, is particularly visible in, among others, biodiversity loss. Biodiversity is essential to sustain human and non-human life on earth, to maintain ecosystem integrity and health, and to ensure the stability and resilience of other earth systems. Today there is sufficient evidence that humans have transformed more than three quarters of the terrestrial biosphere into anthropogenic biomes. These anthropogenic transformations of the terrestrial biosphere are causing unprecedented global changes in biodiversity as native species are driven to extinction locally and globally, and domestic and exotic species are rapidly becoming established.

Loading

Article metrics loading...

/content/litnet/11/2/EJC157510
2014-08-01
2016-12-08
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error