1887

oa Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe - Nadelige spoorelemente in tee en kruietees : die geval van rooibostee versus ander kommersiële tees en kruietees : natuurwetenskappe

 

Abstract

Tee is een van die mees algemene drankies in die daaglikse dieet van 'n groot aantal mense wêreldwyd en daar word letterlik miljoene koppies tee per dag gedrink. Dit is 'n welbekende bron van antioksidante, maar wat minder algemeen bekend is, is dat tee ook 'n bron van verskeie toksiese elemente is, soos byvoorbeeld fluoried en sekere metale. 'n Oormaat fluoried kan tot tand- en skeletfluorose (verbruining en degenerasie van tandemalje en beenverbrokkeling) lei. 'n Verdere bron van kommer is die oplosbare metale wat uitloog wanneer tee trek. Een daarvan is aluminium, wat al verskeie kere geïmpliseer is as 'n moontlike oorsaak van demensieverwante siektes soos Alzheimer se siekte, alhoewel dit nog nie onomstootlik bewys is nie. Rooibostee word uitsluitlik in Suid-Afrika verbou en alhoewel rekordverkope in 2007 deur 'n afname gevolg is, het die uitvoer na Groot-Brittanje meer as verdubbel vir groen rooibostee (www.daff.gov.za). Die effek van trektyd en toevoegings soos melk, suiker, melk en suiker, of suurlemoensap op die voorkoms en vrystelling van sekere chemiese spesies uit rooibostee is nog nie volledig ondersoek nie. Hierdie artikel handel oor vergelykings wat getref kan word tussen 'n verskeidenheid teesoorte wat algemeen, maar veral in Groot-Brittanje, verbruik word (waar 87% van Britte swartteedrinkers is), ten opsigte van die hoeveelhede fluoried en aluminium wat onder verskillende toestande en oor verskillende tydintervalle daaruit vrygestel word. Die resultate toon dat die fluoried- en aluminiumloging in rooibostee twee ordegroottes laer is as in enige van die tipiese kommersiële swart- en groentees. Die gemiddelde fluoriedkonsentrasie in rooibostee was byvoorbeeld 0,057 mg/l na 5 minute in 100 ml kookwater in vergelyking met 5-11 mg/l in swarttees. Die aluminiuminhoud van rooibostee is in die ordegrootte van dele per miljard (0,01 mg/l), terwyl dié van swarttees tipies in die dele per miljoen (11-17 mg/l) is. Dit blyk dus duidelik dat rooibostee inderdaad 'n heelwat gesonder drankie is as 'n verskeidenheid van swart- en groentees.


It is claimed that tea is the second most popular drink on earth after water (Bliss 2003), and it is estimated that between 18 and 20 billion cups of tea are consumed daily throughout the world (Karak and Bhagat 2010). It is a widely consumed beverage in the United Kingdom, with 77% of the population drinking a daily average of 2, 3 mugs (540 ml). It is popular not only for its taste, but also for its health benefits. It is well known that tea is a source of antioxidants, and research has claimed that tea can help lower the risk of heart disease and certain cancers (Weisburger 1997; Chung et al. 2003). Some minerals also occur in tea, in addition to various trace elements (Fernández et al. 2002). These trace elements can have both beneficial and adverse effects on human health. For example, aluminium (which can accumulate in the body due to the intake of tea infusions) is associated with Alzheimer's disease and dialysis encephalopathy (Koch et al. 1988; McLachlan 1995; Exley and Korchazhkina 2001), and therefore a high content of aluminium in tea may be a matter of concern (Flaten 2002). At present the maximum permissible level of aluminium in drinking water (as established by the World Health Organisation (WHO) (2003)) is 0,2 mg/l.

Loading

Article metrics loading...

/content/litnet/11/2/EJC157515
2014-08-01
2016-12-06
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error